Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Afgaanse konflik eis Australiër
'n Oud-Suid-Afrikaner is die naweek as 'n Australiese spesmagte-soldaat in Afganistan dood.
Omstrede beslissing knou Kallis
Jacques Kallis moet sweerlik wonder wat die krieketgode dan nou eintlik teen hom het.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

Pa sterf voor seun se paddood bevestig is
Nov 13 2008 03:27:14:043PM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Sy seun het nie huis toe gekom nie en hy het gevoel daar was fout.

Hy het hom die nag deur bekommer en vir sy vrou gesê hy het ’n seer gevoel in sy hart.

Mnr. Hennie du Preez (52), ’n algemene voorman by die Beatrix-goudmyn, is Dinsdagoggend aan sy hart dood oomblikke voordat hy bevestiging kon kry sy seun is wel ná ’n motorongeluk dood.

Toe die mynbestuur Dinsdagoggend bel om te sê die egpaar moenie na die hospitaal ry om na Herman te soek nie, want hulle kom met inligting het hy ’n hartaanval gekry en is hy in hul huis in Delta-oord 4 dood.

Mnre. Henry Patterson (kontrakbestuurder), Anthony Beck (skofbaas) en Andrew Croucamp was op pad om die nuus aan Du Preez sr. oor te dra toe hy die hartaanval gekry het.

Met hul aankoms het Patterson en Beck probeer om hartmassering toe te pas, maar dit was reeds te laat.

Die polisie het oral na inligting gesoek ná die motorongeluk Maandag omstreeks 20:45 op die Thabong-brug buite Welkom.

Herman het vermoedelik beheer oor die myn se bakkie op die nat pad verloor, waarna dit teen ’n beton-omheining gebots en omgeslaan het.

Omdat daar nie veel persoonlike dokumente van hom in die bakkie was nie, kon sy ouers nie opgespoor word nie.

Die pad was lank versper terwyl die ongelukstoneel opgeruim is.

Herman is met veelvuldige beserings in die hospitaal opgeneem waar hy later dood is.

Hy was Maandag na Klerksdorp om goed vir die Beatrix-goudmyn, waar hy ook gewerk het, te gaan haal.

Die ongeluk het op pad terug na sy ouerhuis, waar hy gebly het, gebeur.

Hy was nie getroud nie.

Mnr. Du Preez sr. word ook deur ses kinders en sewe kleinkinders oorleef.

Die begrafnis, waarop pa en seun in een graf begrawe sal word, is volgende week in Vanderbijlpark.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer