Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
||||||||||||||
|
Voertuie kom onder hammer
Die koeël is deur die kerk en ondernemings in die Goudveld gaan binnekort vuisslaan om ’n deel van die koek te probeer kry. ’n Groot deel van die Matjhabeng-munisipaliteit se voertuie word volgende week opgeveil om te probeer om sy skuld van miljoene rande te delg. Dit het dié week onder Vista se aandag gekom nadat ’n kennisgewing van ’n eksekutoriale verkoping in die saak tussen V & V Consulting Engineers en die Matjhabeng-munisipaliteit vir plasing hier aangekom het. ’n Lasbrief vir dié eksekusie is op 20 September in die hooggeregshof van Suid-Afrika uitgereik en dié bates sal op 20 November op ’n openbare veiling van die hand gesit word. ’n Kennisgewing van verkoping is ook ontvang in ’n saak tussen Barnies-konstruksie en die munisipaliteit. Dié verkoping sal op 5 Desember in Welkom plaasvind en dieselfde voertuie is op die lys om verkoop te word. Dit wil voorkom asof dit feitlik die munisipaliteit se hele voertuigvloot kan wees en is ’n rede tot kommer, omdat geen munisipale diens-te sonder dié voertuie verrig sal kan word nie. Aangesien die munisipaliteit so diep in die skuld is, sal kontrakteurs om die werk te doen ook nie aangestel kan word nie. Werkers by die munisipaliteit gaan moontlik ook nie Desember kan Kersfees hou nie, omdat daar glo nie geld gaan wees om hul salarisse te betaal nie. Van die voertuie wat volgende week onder die hamer sal kom, is onder meer die geliefde Dennis-brandweerwa, sowel as die ander twee brandweerwaens. ’n Wright-padskraper, Galison-padroller, Volvo-laaigraaf, twee Mercedes-Benz-watertrokke, ’n Komatsu-voorlaaier, Toyota Stallion-bakkie, twee Nissan-bakkies, Vibormax-padroller, Iveco Daly-23-sitplekbus, Toyota Landcruiser-noodvoertuig, twee Toyota-vragmotors, twee sleepwaens, Toyota-vragmotor, Volkswagen Golf-motor, woonwa, Toyota Corola-motorvoertuig en ’n Mercedes Benz-noodvoertuig is ook genoem. V & V Consulting Engineers is in Januarie 2006 deur die munisipaliteit aangestel om ’n pompstasie en pomplyn in Hanipark, sowel as ’n verbindingslyn tussen Thabong se uitbreiding 15 en uitbreiding 19, op te rig. Hulle moes ’n sakeplan aan die munisipaliteit voorlê wat by die MIG- (Munisipale Infrastruktuurprogram) fonds geregistreer is. ’n Tegniese verslag is voorberei en V & V Consulting Engineers het in Desember 2006 die groen lig gekry. Hy het die projek ontwerp, tenderprosesse gehanteer en ook toesig oor die konstruksie en monitering van die projek gedoen. V & V Consulting Engineers het die projek in Januarie vanjaar afgehandel. In dieselfde maand het die munisipaliteit ’n rekening van R1 193 274,40 ontvang. Nog ’n rekening van R856 694,70 vir verdere dienste gelewer is ook in Januarie aan die munisipaliteit gestuur. Ongeag ’n aanmaning het die munisipaliteit nie daarin geslaag om R2 049 969,10 te betaal nie. V& V Consulting Engineers se prokureurs, Von Reiche Incorporated, het weer op 6 Junie die munisipaliteit in kennis gestel dat dié geld betaal moet word. Toe die geld ’n maand later steeds nie ontvang is nie, het V & V Consulting Engineers besluit om die munisipaliteit te dagvaar. Die munisipaliteit het op 21 Augustus kennis gegee hy sou die dagvaarding teenstaan en het sowat drie weke gelede aan die prokureurs gesê hy gaan probeer om ’n aansoek om tersydestelling te kry, maar niks het nog hiervan gekom nie. . Daar sal na bewering ook op die munisipaliteit se bankrekening beslag gelê word en die burgemeester, me. Mathabo Leeto, se motor kan moontlik ook in die slag bly. . Nog ondernemings aan wie lasbriewe vir eksekusie toegestaan is, is Fire Trucks for Africa (R728 420), Exempli-beleggings (Edms.) Beperk (R110 464), Pro-care Civils (Edms.) Beperk (R197 822), Welkom Stationers & Printers (R12 810), Master Office (R18 464), Nimham Shand Raadgewende Dienste (R34 547) en Telkom SA (R9 023 en R6 418). Rente en koste moet ook nog by dié bedrae gevoeg word. Die waarde van die voertuie wat opgeveil gaan word, is glo maar R1,6 miljoen. ’n Medianavraag is aan die munisipaliteit gestuur, maar geen antwoord is nog teen druktyd ontvang nie.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|