Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Boewe brand ook op buurman los
“Daai ouens was kwaad. Hulle wou my vrek skiet. Hulle het aangehou en aangehou skiet.”
'n Fees van boeke en skrywers
'n Boekfees wat die internasionale arena tot verse uit die gemeenkskap huisves.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           6-24°C

Voorspellings
Sudoku

GW se beker-drome tot niet
May 05 2008 02:33:13:970AM  - (SA)  
Henry Hopley



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

KIMBERLEY. – Die Wildeklawer-Griekwa-rugbyspan se droom om die Vodacombeker te behou is verpletter.

Die verdedigende kampioen het Saterdagmiddag oor die spreekwoordelike laaste hekkie gestruikel met die Blou Bulle wat Griekwas op Loftus Versfeld in hul halfeindstryd met 40-20 geklop het.

Dit was soete wraak vir die Blou Bulle nadat hulle in verlede jaar se eindstryd van die kompetisie op Absapark deur Griekwas in die laaste minute van ’n opwindende kragmeting met 33-29 geklop is.

Die Blou Bulle het Saterdag op Loftus rustyd met 10-7 voorgeloop, maar het ná die hervatting beheer geneem en drie keer agter die pale gaan kuier.

Dit was twee oud-spelers van Griekwas, JP Joubert (skrumskakel) en Tiger Mangweni (heelagter), wat ’n reuse-bydrae tot die Bulle se sege gelewer het. Mangweni het twee van sy span se drieë aangeteken. Die dodelike skopvoet van Burton Francis het ook die telbord aan die rol gehou.

“Ons het geweet dit gaan baie hard wees, maar is vroeg in die wedstryd onder druk geplaas met die Bulle wat ’n 10-0-voorsprong gekry het.

“Ons het egter goed teruggekom en 30 minute van die eerste helfte beheer gehad, maar ons het hopeloos te veel foute gemaak en die Bulle het dit uitgebuit,” het Abré Minnie, breier van die Poubloues, gister gesê. Hy sê die verskil tussen die spanne was die Blou Bulle het elke keer wat hulle die kans gekry het dit in punte omskep. Dit was eenvoudig kliniese, korrekte rugby waarmee hulle gewen het.

Minnie sê dit was ’n teleurstelling, maar hy is tevrede met die span se vertoning in die reeks en veral die jonger spelers het goeie ervaring opgedoen.

Puntemakers:

Blou Bulle 40 (10) – Drieë: Tiger Mangweni 2, Braam Gerber, Rassie van Vuuren. Doelskoppe: Burton Francis 4. Straf: Burton Francis 2. Skep: Burton Francis 2. Griekwas 20 (7) – Drieë: Lafras Uys, Riaan Viljoen; Doelskoppe: Riaan Viljoen 2. Straf: Riaan Viljoen 2.

Teken in op Volksblad


Vind
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer