Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Boewe brand ook op buurman los
“Daai ouens was kwaad. Hulle wou my vrek skiet. Hulle het aangehou en aangehou skiet.”
'n Fees van boeke en skrywers
'n Boekfees wat die internasionale arena tot verse uit die gemeenkskap huisves.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           6-24°C

Voorspellings
Sudoku

Le Roux wys sy kan wêreld se bestes klop
May 05 2008 02:28:23:420AM  - (SA)  
Wilhelm de Swardt



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

PRETORIA. – Suid-Afrika het weer ’n vroue-naelloper wat die wêreld se bestes kan klop.

Die 21-jarige Isabel le Roux het dít gister op die laaste dag van die Afrika-atletiekbyeenkoms in Addis Abeba in Ethiopië bewys toe sy die 200 m in 22,69 sekondes gewen het.

Dit is op vier na die vinnigste tyd nog deur ’n Suid-Afrikaanse vroue-atleet en die eerste keer in drie jaar dat ’n plaaslike atleet weer vinniger as 23 sekondes hardloop. Wat internasionale atletiek betref, het nog net vier atlete tot dusver vanjaar vinniger as Le Roux in die 200 m gehardloop.

Maar nog belangriker is dat Le Roux vir die Olimpiese Spele in Beijing gekwalifiseer het.

“Coach, ons het dit gedoen!” was haar eerste woorde aan haar afrigter, Juan Strydom, ná die wedloop.

Strydom erken Le Roux het hom verras.“Ek het gehoop sy hardloop 22,9 sekondes of so iets, maar nie in my stoutste drome het ek gedink sy sal ’n 22,69 hardloop nie.”

Volgens Strydom gaan dié tyd vir Le Roux deure in Europa oopmaak. “Dit gaan vir my oor gehalte eerder as kwantiteit. Die uitdaging wat ek en Isabel het, is om te kyk of sy van nou af konstant tye van 22,69 sekondes kan hardloop, want dan kan sy ’n medalje in Beijing wen.”

Dit was nie net Le Roux wat meer as haastig was nie. Thuso Mpuang van die Vrystaat was ook blitsig in die 200 m. Hy het in ’n tyd van 20,53 sekondes gewen en daarmee ook vir die Olimpiese Spele gekwalifiseer.

Sy wentyd is op 15 na die vinnigste nog deur ’n Suid-Afrikaanse atleet. Wat internasionale atletiek betref, was nog net 12 atlete vanjaar vinniger as hy in die 200 m. Suid-Afrika se 4x400 m-aflosspan (Pieter Smith, Ockert Cilliers, Sibusiso Sishi en LJ van Zyl) het ook goud gewen. Hul wentyd was 3:03.58.

Chris Harmse (hamergooi – 77,72 m), Hennie Kotze (110 m-hekkies – 13,95 s) en Sunette Viljoen (spiesgooi – 55,17 m) het Saterdag goue medaljes verower. Suid-Afrika se atlete het die meeste medaljes op die vyfdag-byeenkoms gewen, naamlik 22 (12 goud, twee silwer en agt brons).

Nigerië was tweede met 19 medaljes (sewe goud, sewe silwer en vyf brons) en Ethiopië derde met 15 (ses goud, ses silwer en drie brons).

Teken in op Volksblad


Vind
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer