Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 6-24°CVoorspellings |
|
SA aflosspan wag vir kans op Spele
PRETORIA. – Die lang wag vir Suid-Afrika se 4x100-aflosspan het begin. Dié atletiekspan, bestaande uit Hannes Dreyer, Corné du Plessis, Sergio Mullins en Thuso Mpuang, het op die Afrika-atletiekbyeenkoms in Addis Abeba verras toe hy dié nommer in 38.75 sekondes gewen het. Dié wentyd is op drie na die vinnigste vanjaar. Die Amerikaanse Blou-span – Preston Perry, Leroy Dixon, Michael Rodgers en Tyson Gay – het op ’n byeenkoms in Austin dié nommer in 38.72 s gewen. ’n Span van Amerika se Olimpiese oefensentrum het ’n tyd van 38.72 s opgestel en die Universiteit van Louisana het ’n tyd van 38.74 aangeteken. Dit is ’n uitgemaakte saak dat ’n aflosspan van Amerika op die Spele in Beijing in aksie sal wees. Daar kan aanvaar word dat spanne van Jamaika, Kanada en Trinidad-Tobago ook op die Spele sal wees. Volgens die reëls van die Internasionale Olimpiese Komitee kwalifiseer die 16 vinnigste lande vir die Spele. Wilfred Daniels, spanbestuurder van die Suid-Afrikaanse atletiekspan, sê dit is nog te vroeg om te aanvaar dat Suid-Afrika wel ’n aflosspan na die Spele sal stuur. “Ek is beïndruk met die tyd wat ons manne in Ethiopië opgestel het, maar daar moet onthou word die internasionale atletiekseisoen het nou eers begin. Die meeste lande se aflosspanne het nog nie deelgeneem nie.” Volgens Daniels het spanne tot Julie om te kwalifiseer. Du Plessis, wat ’n lid van die Suid-Afrikaanse aflosspan was wat in 2001 in Edmonton, Kanada die goue medalje in 38.47 s gewen het, meen hy en sy spanmaats is tot nog ’n vinniger tyd in staat. “Onthou ons het voor die Afrika-atletiekbyeenkoms glad nie as ’n span saamgeoefen nie. Ons het voor die wedloop so vyf keer saam geoefen.” Daniels sê daar is geen onmiddellike planne van Atletiek Suid-Afrika (ASA) af om weer ’n mans-aflosspan aan internasionale byeenkomse te laat deelneem nie. “Ons sal die ander lande se spanne se tye dophou. As dit nodig is, kan ons ’n aflosspan inskryf vir ’n byeenkoms terwyl die Suid-Afrikaanse atlete by die oefenkamp in Pottsdam, Duitsland, is.” Daar is diegene wat meen dat die jong Wilhelm van der Vyfer, wat op die Suid-Afrikaanse junior en jeugbyeenkoms die 100 m in 10.30 s afgeblits het, ’n lid van die Suid-Afrikaanse aflosspan moet wees. Nog net Dreyer (10.24 s) kon vanjaar al ’n vinniger tyd as hy opstel. Daniels sê ander atlete soos Leroy Newton en Sherwin Vries kom ook in aanmerking vir die aflosspan.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||
|
|