Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 6-24°CVoorspellings |
|
Sauls wil Jong Bokkies vroeër blootstelling gee
Die afrigter van die Suid-Afrikaanse o.20-rugbyspan, Eric Sauls, glo dit is belangrik om Suid-Afrika se jong spelers vroeër gereelde Super 14- of Vodacombeker-blootstelling te gee. Sauls het gister, nadat die Jong Bokkies se groep vir die eerskomende o.20-Wêreldbekertoernooi in Wallis bekend gemaak is, gesê dit is een van die probleme wat aangepak moet word sodat rugby op dié vlak kan verbeter. “Dit gaan ’n baie tawwe toernooi wees as ’n mens kyk na die aantal Super 14-spelers wat Australië en Nieu-Seeland in die toernooi gaan hê. “Nieu-Seeland het reeds ’n paar spelers wat Super 14-rugby gespeel wat hulle (in Wallis) gaan verteenwoordig,” het Sauls gesê met verwysing na spelers soos die Crusaders se Nasi Manu (agtsteman), Kade Poki en Sean Maitland (vleuels). Sauls het ook verduidelik dat die ervaring wat Australiese spelers soos Ben Lucas (skrumskakel), Will Genia (losskakel), Kurtley Beale (losskakel), Quade Cooper (losskakel), Rob Horne (senter) en Dane Haylett-Petty (vleuel) in die Supert 14-reeks opgedoen het, die Aussies se o.20-span gaan toelaat om byna met ’n ganse Super 14-agterlyn te speel. Die Western Force-flanke David Pocock en Sam Wykes is ook in die Australiese groep, terwyl drie Super 14-spelers, James O’Connor (senter), Afusipa Taumpoeau (senter) en Matt Toomua (senter), selfs te jonk was om vir die o.20-toernooi oorweeg te word. “Daarom is dit moeilik as van ons ouens nie eens die Vodacombeker-spanne haal nie, omdat hulle geleenthede nodig het,” het Sauls gesê. Sauls het nietemin beklemtoon sy groep van 26 spelers is ’n gebalanseerde eenheid wat 16 van verlede jaar se nasionale o.19-span, en tien nuwelinge insluit. Slegs Francois Hougaard (skrumskakel) en Stephan Dippenaar (senter) is onder die Jong Bokkies wat vanjaar Super 14-ervaring opgedoen het as lede van die Bulle se groep. Robert Ebersohn (senter), Wilton Pietersen (heelagter) en Juan de Jongh (senter) het weliswaar almal vir die nasionale sewesspan gespeel. Die Bulle het tien spelers in die groep, terwyl Vrystaat vier lede het. Aangesien die Bulle en die Vodacom-Vrystaat-Cheetahs aanstaande naweek in die Vodacombeker-eindstryd speel, moes Sauls ook noodgedwonge die Jong Bokkies se oefenkamp ’n week aanskuif. Die groep sal nou die 19de tot die 29ste byeen wees voordat hulle na Wallis vertrek. Die groep is: Agterspelers: Cecil Afrika (heelagter, Griffons), Wilton Pietersen (heelagter, Vrystaat), Omphile Seabela (vleuel, BB), Vainon Willis (vleuel, BB), Lionel Mapoe (vleuel, Vrystaat), Robert Ebersohn (senter, Vrystaat), Juan de Jongh (senter, WP), Stephan Dippenaar (senter, BB), Stefan Watermeyer (senter, BB), Francois Brummer (losskakel, BB), Francois Hougaard (skrumskakel, BB), Dewaldt Duvenage (skrumskakel, Boland). Voorspelers: Nick Koster (agtsteman, WP), Gerrit-Jan van Velze (kaptein en agtsteman, BB), Luvuyiso Lusaseni (flank, KZN), Johan van Deventer (flank, Leeus), Thiliphatu Marole (flank, KZN), Sabelo Nhlapo (slot, KZN), Cornell Hess (slot, BB), Martin Muller (slot, WP), Jean Rossouw (stut, WP), Corné Fourie (stut, BB), Frik Kirsten (stut, BB), Wiehahn Herbst (stut, KZN), Henri Bantjes (haker, BB), PW van Vuuren (haker, Vrystaat). Eric Sauls (afrigter), Donald Ngwenya (hulpafrigter), Jerome Paarwater (hulpafrigter) en Willem Oliphant (bestuurder).
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||
|
|