Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 8-26°CVoorspellings |
|
Min hoop vir rebelle
om weer in SA te speel
KAAPSTAD. – Suid-Afrika se Indiese Krieketliga-rebelle gaan nie in die voorsienbare toekoms plaaslike krieket hier speel nie. Andrew Hall, Justin Kemp en Johan van der Wath het verlede week hul appèl teen die Engelse Krieketraad (ECB) gewen om toegelaat te word om graafskapkrieket te speel. Die drie is deel van agt Suid-Afrikaners wat vanjaar in die Indiese Krieketliga (IKL) gespeel het en dus nie meer in Suid-Afrika mag speel nie. Hall het verlede week, nadat hy sy appèl gewen het, gesê hy hoop dat hulle nou dieselfde druk op Krieket Suid-Afrika (KSA) kan plaas om weer in Suid-Afrika te kom speel. Tony Irish, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Krieketspelersvereniging (Saca), het egter gister bevestig dat die appèlsaak in Engeland geen betrekking op Suid-Afrika het nie. “Daar is geen verbod van Krieket Suid-Afrika op spelers wat in die IKL speel nie. Daar is wel ’n vertrouensooreenkoms tussen die verskillende streekspanne om nie die spelers te kies nie. “ ’n Mens kan nie ’n span dwing om iemand te kies nie. Die spelers sal dus nie kan speel tot en met een van die streekspanne die vertrouensooreenkoms verbreek nie,” het Irish gister gesê. Niks verhinder egter een van die streekspanne om een van die rebelle te kies nie. Sulke informele ooreenkomste is al voorheen in sport gesystap. Daar was ’n ooreenkoms tussen die graafskappe in Engeland oor die aantal Kolpak-spelers wat hulle sou toelaat. Dit het nie eens ’n seisoen gehou nie. Die IKL is een van twee Twintig20-reekse wat tans spelers na Indië trek. Waar die Indiese Premierliga egter amptelik deur die Indiese Krieketraad (BCCI) en die Internasionale Krieketraad (IKR) erken word, het die IKL geen amptelike erkenning nie. Inteendeel, die BCCI plaas intense druk op die res van die IKR-lidlande om te verhinder dat hul spelers aan die rebellereeks deelneem. Die agt Suid-Afrikaners in die reeks is Hall, Van der Wath, Kemp, Nicky Bojé, Dale Benkenstein, Lance Klusener, Nantie Hay-ward en Nic Pothas. Pothas het egter jare laas in Suid-Afrika gespeel en word nie juis deur die reëling beïnvloed nie.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||
|
|