Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 6-24°CVoorspellings |
|
White gaan
nie Britse
Leeus afrig
KAAPSTAD. – Die voormalige Bok-afrigter Jake White is nie ’n kandidaat om die Britse en Ierse Leeus volgende jaar teen Suid-Afrika af te rig nie. White se agent, Craig Livingstone, het gister laat blyk dat dit onwaarskynlik is dat White onder die kandidate tel. ’n Aankondiging word aanstaande week verwag. “Dis hoogs onwaarskynlik. Ons is nie genader nie,” het Livingstone gesê. White is ook nie ’n kandidaat om Ierland af te rig nie. ’n Springbok-oefengroep van 45 spelers sal op 17 Mei deur die president van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru), Oregan Hoskins, aangekondig word. Saru sal ook Vrydag die Bok-breier, Peter de Villiers, se bestuurspan aankondig en het gister ook gesê dat hy vroeër vanjaar Bok-kontrakte van een jaar met 11 spelers gesluit het. Die gekontrakteerdes is: Bakkies Botha (Blou Bulle), Schalk Burger (WP), Jean de Villiers (WP), Jaque Fourie (Leeus), Bryan Habana (Blou Bulle), Ruan Pienaar (Haaie), JP Pietersen (Haaie), Juan Smith (Cheetahs), Pierre Spies (Blou Bulle), Frans Steyn (Haaie) en CJ van der Linde (Cheetahs).
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||
|
|