Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 6-24°CVoorspellings |
|
Oorwinning gee bitter verloor-pil soet smakie
Genoeg suiker sal selfs die bitterste pil ’n soet smakie gee. Hiervan kan Free State Stars se sokkerspan getuig. Die Oos-Vrystaters kon Dinsdagaand in die Olympiapark-stadion in Rustenburg 3-1 in ’n Absa-premierliga-sokkerwedstryd met Platinum Stars afreken. Hierdie oorwinning sal beslis help om die onlangse bitter smaak van ’n nederlaag in die halfeindronde van die uitklopreeks om die Nedbankbeker te verdoesel. Stars het Saterdag 0-1 teen die eerste liga-span Mpumalanga Black Aces vasgeval en is sodoende uit die eindstryd geboender. Stars se sege Dinsdagaand teen die Tycoons het nie net die span van Bethlehem se gemoedere gesus nie, maar ook die Oos-Vrystaters tot in die vierde plek op die liga-puntelys laat opskuif. Stars het van meet af aan die pap dik aangemaak en veral Reuben Cloete, middelveld-speler, het die wêreld vir die Tycoons warm gemaak. Platinum Stars het ook goed begin en heelwat aanvalle begin, maar die manne van Bethlehem het dit duidelik gemaak hulle wil met ’n oorwinning huis toe gaan. Cloete het reeds in die 32ste minuut Stars se bobaas-doelskieter, Diyo Sibisi, met ’n dwarsskop in besit geplaas en Sibisi het die bal met ’n kopskoot verby Platinum Stars se doelwagter, Wayne Sandilands, gekry. Net nege minute later kon Stars se verdediger Siyabonga Mdluli die bal by Collins Chabalala (doelskieter) uitkry en laasgenoemde kon Ea Lla Koto se tweede doel behaal. Cloete was uitmuntend vir die Oos-Vrystaters en kon in die 60ste minuut met sy eie doel daarin slaag om ’n sege buite die Tycoons se bereik te plaas. Platinum Stars se doel is in die laaste minute danksy Hareaipha ‘Simba’ Marumo (doelskieter) aangeteken nadat hy die bal van Koketso Mmotong (middelveld-speler) ontvang het. Kinnah Phiri (Stars-breier) is in sy skik met sy span se vertoning. “Ek is tevrede met die uitslag. Die spelers het goed met mekaar gekombineer en kon goeie doele behaal,” het Phiri gesê. Ea Lla Koto se volgende wedstryd vind Woensdag op Goblepark in Bethlehem teen Orlando Pirates plaas.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||
|
|