Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 6-24°CVoorspellings |
|
SA in moeilikste groep vir Spele geloot
KAAPSTAD. – Die feit dat haar span in die spreekwoordelike “groep van die dood” geloot is vir die Olimpiese Spele, is geen verrassing vir die Suid-Afrikaanse vroue-hokkie-afrigter, Jenny King, nie. Suid-Afrika is in dieselfde groep as Nederland, Australië, China, Spanje en Korea geloot vir die Spele in Beijing, China. “As jy die span met die laagste posisie op die wêreldranglys by die Spele is, gaan enige groep vir jou moeilik wees. Ons is nietemin beslis in die moeilikste groep,” het King gesê. Volgens King sal die ander groep met Duitsland en Argentinië daar effens taaier vir die eerste twee plekke wees. Suid-Afrika sal goeie internasionale voorbereiding vir die Spele in Augustus hê. Kort ná vandeesmaand se provinsiale toernooi in Durban vertrek die Suid-Afrikaanse span na Dublin, Ierland, vir die eerste van twee viernasie-toernooie. In Dublin sal die Proteas kragte meet teen Ierland, Duitsland en Brittanje. Daarna reis hulle na Rotterdam, Nederland, vir ’n reeks teen die tuisspan, Duitsland en Indië. Ierland en Indië het nie vir die Spele gekwalifiseer nie. Duitsland is die huidige Olimpiese kampioen, terwyl Nederland die wêreldkampioen en nou ook die wêreld se voorste span is. “Ons is nogal bevoorreg om in dié toernooie te kan speel. Die spanne wat deelneem, speel elkeen volgens sy eie unieke speelstyl en om teen dié verskillende variasies te speel, kan ons net goed doen,” het King gesê. “En dit is natuurlik sterk teenstanders wat ons ook by die Spele sal ontmoet. Ek meen die toernooie sal vir ons wys of ons gereed is vir die Spele.” Suid-Afrika se vertoningslys by die Olimpiese Spele in Athene in 2004: GROEPWEDSTRYDE: Suid-Afrika 2 (Jen Wilson 2), Nederland 6; Suid-Afrika 0, Australië 3; Suid-Afrika 0, Korea 3; Suid-Afrika 3 (Sharné Wehmeyer, Pietie Coetzee, Jen Wilson), Duitsland 0. UITSPEELWEDSTRYD OM DIE NEGENDE PLEK: Suid-Afrika 3 (Pietie Coetzee, Tsoanelo Pholo, Jen Wilson), Spanje 3. Suid-Afrika wen 4-3 met strafdoele. Bron: www.wikipedia.org
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||
|
|