Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 8-26°CVoorspellings |
|
Bestes van SA in Davisbeker
JOHANNESBURG. – Die Suid-Afrikaanse Davisbeker-tennisspan kan al sy groot kanonne inspan om Denemarke van 18 tot 20 Julie in Groep II van die Euro-Afrika-streek die stryd aan te sê. John-Laffnie de Jager, die nie-spelende kaptein, het gister bevestig die topspelers is kontraktueel daartoe verbind om die volgende jaar vir Suid-Afrika in die Davisbeker-reeks te speel. “Die Suid-Afrikaanse ondersteuners is gretig om Kevin Anderson, Rik de Voest en die dubbelspelpaar van Jeff Coetzee en Wesley Moodie in aksie te sien. Hulle gaan nou dié kans kry,” sê De Jager. Dit sal die eerste keer wees dat Anderson Suid-Afrika in ’n Davisbeker-stryd voor sy eie ondersteuners verteenwoordig. Dit sal ook sy eerste verskyning in Suid-Afrika wees sedert hy ’n paar weke gelede Novak Djokovic geklop het. In dié stadium is dit nog nie seker nie waar die kragmeting gaan plaasvind, maar Emperor’s Palace langs die OR Tambo-lughawe naby Kemptonpark, is steeds in die binnebaan om gasheer te speel. Die ander moontlikheid is Markspark in Johannesburg. De Jager sê hy gee nie om waar die kragmeting plaasvind nie. “Die belangrikste is dat dit wel in Suid-Afrika is en dat ons die tuisvoordeel kan gebruik. Dit sou nie sin gemaak het om tuisvoordeel prys te gee en in Denemarke te speel nie. “Dit is die eerste keer in drie jaar dat ons weer ’n tuiskragmeting het en almal is opgewonde daaroor,” sê hy. Dit is die eerste keer sedert De Jager as kaptein by Kevin Curren oorgeneem het, dat Suid-Afrika weer tuis speel. “Of dit nou in Pretoria, Johannesburg of by Emperor’s Palace is, dis om’t ewe. Al versoek wat ons gehad het, was om te sorg dat ons iewers aan die Rand op ’n stadige oppervlak speel,” het De Jager gesê. Volgens Ian Smith, die uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Tennis-vereniging (SATV), sal ’n aankondiging oor waar die kragmeting plaasvind, aan die einde van die maand gedoen word.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||
|
|