Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Boewe brand ook op buurman los
“Daai ouens was kwaad. Hulle wou my vrek skiet. Hulle het aangehou en aangehou skiet.”
'n Fees van boeke en skrywers
'n Boekfees wat die internasionale arena tot verse uit die gemeenkskap huisves.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           6-24°C

Voorspellings
Sudoku

VS slaan groot slag met Juan, Wian
May 07 2008 11:20:54:170PM  - (SA)  
Pieter Jordaan



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Die Vrystaatse Rugbyunie (VRU) het gister vir ’n slag laaste gelag toe twee van sy Springbok-spelers, ondanks pogings van ander unies om hulle af te rokkel, kontrakte met die VRU onderteken het.

Die ondertekening van kontrakte vir ’n verdere twee jaar deur die kaptein en wêreldgehalte-flank Juan Smith asook die Bok-stut Wian du Preez, is seker die beste nuus wat die Cheetahs die hele jaar ontvang het.

Volgens gerugte was groot unies soos Westelike Provinsie en die Haaie, asook oorsese klubs bereid om hul sakke vir Smith en Du Preez te skud.

Naka Drotské, Cheetah-afrigter, het gister gesê die hoop bestaan dat ’n hele paar spelers in die komende dae ook hul kontrakte sal onderteken.

Hy was in sy skik met Smith en Du Preez se besluit, iets wat ’n merkwaardige verskil kan maak in die Vodacom-Vrystaat Cheetahs se voortdurende Curriebeker-sukses, asook hoop vir sterker mededinging in Super 14-rugby.

“Dit is ’n groot plus vir Vrystaat- rugby. Dit gee baie selfvertroue vir ander jonger spelers om te weet hulle (Smith en Du Preez) bly,” het Drotské gesê.

Stefan Weyers, wat Smith en Du Preez se spelersagent is, het gesê dat die goeie verstandhouding tussen die spelers en Drotské, die geloof in mekaar as spanmaats, die plaaslike lewenstyl en die span se besef dat hul huidige posisie op die Super 14-puntelys misleidend is, ’n groot oorweging vir dié spelers in hul besluit was.

Weyers erken dat die twee spelers heelwat meer by ander unies en oorsese klubs kon verdien, maar het besluit om in Bloemfontein te bly.

Smith se besluit om nie die oorsese opsie te kies nie is ook wonderlike nuus vir Springbok-rugby, veral met die oog op aanstaande jaar se geskiedkundige toetsreeks teen die Britse en Ierse Leeus.

Du Preez se behoud is ook belangrik aangesien hy ook sterk in die Bok-prentjie behoort te wees.

Die onderhandelings tussen die VRU en sekere spelers sal nietemin die komende maande van uiterste belang wees.

Die ervare slot, Rory Duncan, wat onlangs uitstel gekry het om te besluit of sy onmiddellike rugbytoekoms in Suid-Afrika of oorsee lê, sal sy finale besluit glo in die volgende week neem.

Dat ander plaaslike unies en buitelandse klubs nietemin steeds hul visier op sommige Cheetah-spelers het, word nie betwyfel nie. Die Rosestad sal gretig wag om te hoor of die vroeëre gerugte oor die belangstelling in spelers soos Barend Pieterse en Duanne Vermeulen nou uitgedoof kan word.

Kabamba Floors se toekoms kan ook nog onder die loep kom nadat hy onlangs sy ontevredenheid oor sy min speelkans te kenne gegee het, terwyl ’n mens wonder of die uitjouery wat Falie Oelschig (skrumskakel) vanjaar moes verduur ’n rol in sy toekomsplanne kan speel.

Teken in op Volksblad


Vind
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer