Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
SA se sexyste vrou gekroon
Suid-Afrika se nuwe sexyste vrou van die jaar sê dié titel laat haar voel asof sy 'n Mej. Suid-Afrika-bikinititel gewen het.
Wen ook R1000!
Nóg 'n Volksblad-leser het R1 000 in die Wagwoord-wedstryd losgeslaan. In diê opwindende wedstryd kan lesers R1 000 per dag wen.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           8-26°C

Voorspellings
Sudoku

Hall mag krieketloopbaan dalk in Kiwiland voortsit
May 07 2008 11:20:01:437PM  - (SA)  
Johann de Jager



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

ANDREW HALL, voormalige Protea-krieketspeler, kan sy krieketloopbaan in Nieu-Seeland voortsit as hy nie in Suid-Afrika mag speel nie.

“Dit is onaanvaarbaar dat ons in enige ander land behalwe ons eie toegelaat word,” het Hall gister voor sy vertrek na Engeland gesê.

Die 32-jarige Hall sê hy is uit Nieu-Seeland genader deur Mark O’Donnell, wat onder meer in die Baai, Kimberley en Gauteng afgerig het en deesdae by Auckland betrokke is.

Hall sê daar is voorts nog die moontlikheid om in Januarie vir ses weke in Australië in die nuwe strandreeks te gaan speel.

“Oral in die wêreld duik daar geleenthede vir ons op, dit is net in Suid-Afrika waar dit nie so is nie.”

Hall sê hy kan nie met sy terugkeer van Engeland af vir vier maande by die huis rondlê nie. En as hy wil krieket speel, het hy seker nie ’n keuse as om dié aanbiedinge te oorweeg nie.

Hall was een van ’n groepie spelers wie se appèl teen die Engelse Krieketraad (EKR) geslaag het. Die EKR het vroeër geweier om hulle as graafskapspelers te registreer omdat hulle in die Indiese Krieketliga (IKL) gespeel het.

Een van die “rebelle”, Justin Kemp, het vandeesweek reeds vir Kent teruggekeer. Hall en Johan van der Wath het gisteraand na Engeland vertrek waar hulle ná die geslaagde appèl weer vir Northamptonshire beskikbaar is.

Hoewel hul appèlle teen die EKR geslaag het, blyk dit daar moet nog baie water in die see loop voordat hulle weer in hul geboorteland in aksie sal wees.

Krieket Suid-Afrika het nog nooit amptelik ’n verbod op IKL-spelers geplaas nie, maar daar bestaan ’n ooreenkoms tussen bedryfsregte om dié spelers nie te oorweeg nie.

Van der Wath is aan die einde van die seisoen deur die Diamant-Arende in ’n span ingesluit, maar die bedryfsreg is uit hoër geledere aangeraai om hom liefs uit die span te laat. Van der Wath het vandeesweek by die kantore van die Diamant-Arende gaan inloer. Hy was gister nog in samesprekinge met mnr. Tony Irish, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Spelersvereniging, gewikkel.

Hall het op ’n vraag oor hul beplande brief aan KSA gesê hulle het nog nie al hul eendjies mooi in ’n ry nie en dat daar nog nie ’n finale besluit geneem is nie.

Teken in op Volksblad


Vind
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer