Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Boewe brand ook op buurman los
“Daai ouens was kwaad. Hulle wou my vrek skiet. Hulle het aangehou en aangehou skiet.”
'n Fees van boeke en skrywers
'n Boekfees wat die internasionale arena tot verse uit die gemeenkskap huisves.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           6-24°C

Voorspellings
Sudoku

Joel onder druk om salaris te regverdig
May 09 2008 02:03:48:980AM  - (SA)  
John Goliath



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

KAAPSTAD. – Die nuwe Bafana Bafana-afrigter, Joel Santana, gaan met sy aankoms in Suid-Afrika onder druk wees om sy reuse-salaris te regverdig.

Die Brasiliaan land moontlik vandag reeds in Johannesburg en sal aanstaande week met sy werk begin nadat sy landgenoot Carlos Parreira verlede maand weens familieredes bedank het.

Luidens berigte gaan die afrigter R1,5 miljoen per maand oor die volgende 30 maande verdien.

Wêreldsokker se beheerliggaam, Fifa, het Santana egter gewaarsku hy verwag Suid-Afrika moet sterk vertoon in aanstaande jaar se Konfederasiebeker-toernooi en in die Wêreldbeker-toernooi in 2010.

Fifa se sekretaris-generaal, Jerome Valcke, het in Johannesburg gesê Fifa verwag van Suid-Afrika, as die gasheer van albei toernooie, om minstens die uitklop-rondes te haal, het Sapa berig.

“Ons sal graag wil sien dat die gasheer van groot toernooie soos die Konfederasiebeker- en die Wêreldbeker-toernooi minstens die kwarteindronde of die halfeindronde haal.

“Dit sal nie goed wees as Bafana in die vroeë rondes uitgeskakel word nie. Dit is hoekom ons hoop die nuwe afrigter (Santana) is suksesvol,” het Valcke gesê.

Die loting vir die Konfederasiebeker sal op 22 November in Johannesburg plaasvind, met agt van die wêreld se voorste spanne wat gaan deelneem.

Italië, die wêreldkampioen, Brasilië, Egipte, Irak (die nuwe Asiatiese kampioen), Amerika, die Euro 2008-kampioen, Oseanië se kampioen en Bafana Bafana sal in die toernooi speel wat in Julie 2009 afskop.

Santana se eerste prioriteit sal egter Bafana Bafana se kwalifiserende veldtog vir die Afrikabeker-toernooi in 2010 in Angola wees.

Sy veldtog begin met ’n moeilike wedstryd op 29 Mei teen Nigerië in Abuja. Die span sal hierna Ekwatoriaal-Guinee en Sierra Leone (twee keer) in Junie moet pak.

Teken in op Volksblad


Vind
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer