Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Boewe brand ook op buurman los
“Daai ouens was kwaad. Hulle wou my vrek skiet. Hulle het aangehou en aangehou skiet.”
'n Fees van boeke en skrywers
'n Boekfees wat die internasionale arena tot verse uit die gemeenkskap huisves.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           6-24°C

Voorspellings
Sudoku

Nie net geld is belangrik nie, sê Cheetah-kaptein
May 09 2008 02:02:37:777AM  - (SA)  
Pieter Jordaan



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

“AS jy goeie rugby wil speel, moet jy gelukkig ook wees.”

Dié filosofie is een van die redes wat die Springbok-flank Juan Smith oortuig het om Woensdag ’n kontrak te onderteken wat hom vir ’n verdere twee jaar ’n Cheetah maak.

Smith het gister gesê groot geld maak dit wel moeilik vir rugbyspelers om sommige aanbiedinge, veral uit die buiteland, te weier.

“Dit is ’n beroepsport. Finansies is ’n faktor en oorsee kan ’n ou drie keer meer verdien, en die Haaie was ook nog in die wedloop.

“Maar ek het ’n besluit geneem wat my rugby gaan bevorder. Vir my is dit belangrik om in ’n gemaksone te wees en daarom het ek gebly.

“Baie rugbyspelers sal dalk net na die geld kyk. Maar my eerste kind word in Augustus gebore en Bloemfontein is nog ’n goeie plek om te woon,” het hy gesê.

Volgens Smith het Naka Drotské, Cheetah-breier, reeds aangedui dat hy huidige sleutelspelers wil behou terwyl daar ook onderhandel word met sekere oorsese spelers om na Vrystaat terug te keer.

“So ek het vertroue in die span en ons plek op die puntelys (Super 14) weerspieël nie ons vermoëns nie.”

Smith glo sy en Wian du Preez (loskopstut) se besluite om hul kontrakte te verleng kan gewis iets wees wat ander Cheetah-spelers in ag sal neem wanneer hul eie toekoms ter sprake kom.

“Baie van die outjies is jonk en studeer ook nog. Vrystaat het oor en oor bewys hy kweek goeie spelers en dit is goed om vir twee of drie jaar jou rugby hier te leer,” het die Cheetah-kaptein gesê.

As ’n ervare speler en op 27-jarige ouderdom sou dit baie aanloklik vir Smith gewees het om ’n oorsese aanbod te aanvaar. Sy lojaliteit teenoor Vrystaatse rugby is nietemin prysenswaardig, terwyl Naka Drotské (afrigter) en sy handlangers ook lof verdien vir hul insette met Smith se kontrak-tering.

In ’n span wat jaarliks spelers verloor en dan weer nuwe spelers ontgin, is dit ’n groot bate om ’n speler soos Smith, wat 42 toetswedstryde, 56 Super 12- en 14-wedstryde en 30 wedstryde vir die Vrystaat-Cheetahs gespeel het, te behou.

Du Preez is op 25 jaar nog redelik jonk vir ’n voorryman en dit gee ongetwyfeld gemoedsrus om te weet dat ’n speler soos Du Preez vir die volgende twee jaar as loskopstut verkiesbaar is.

Teken in op Volksblad


Vind
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer