Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Boewe brand ook op buurman los
“Daai ouens was kwaad. Hulle wou my vrek skiet. Hulle het aangehou en aangehou skiet.”
'n Fees van boeke en skrywers
'n Boekfees wat die internasionale arena tot verse uit die gemeenkskap huisves.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           6-24°C

Voorspellings
Sudoku

Nasionale netballiga begin op hoë noot
May 09 2008 01:58:53:243AM  - (SA)  
Annchen Nell



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

KAAPSTAD. – Netbal se Nasionale Liga het twee weke gelede op opwindende wyse begin.

Die Tornados, die verdedigende kampioen in dié streekkompetisie, moes hard werk voordat hulle die Comets kon ore aansit, terwyl die Thunderbirds en die Cheetahs gelykop gespeel het.

Niemand wil ’n vroeë raaiskoot oor gunstelinge waag nie, en dit wil voorkom of vanjaar se kompetisie baie mededingend gaan wees.

Die Tornados reis na Bloemfontein vir ’n kragmeting teen die Vrystaatse Cheetahs. Die twee spanne pak mekaar vandag om 19:00 in die gimnasium op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat.

Die Thunderbirds kom in Mamelodi teen die Mermaids van KwaZulu-Natal te staan.

Dit wil lyk asof die Cheetahs die minste ontwrig is sedert verlede jaar.

Hulle beskik boonop weer oor die dienste van Burta de Kock as hoofafrigter nadat sy verlede jaar die nasionale breier was.

Die Vrystaters spog met twee Protea-verdedigers, Karin Venter en Adele Niemand, maar die Tornados sal veral in hul pasoppens moet wees vir Doretha Joubert.

Joubert het verlede jaar haar nasionale debuut gemaak en kan op aanvallende vleuel of senter ingespan word. Haar voetwerk is uitstekend en sy is vinnig én rats. Sy het ’n uitstekende wedstryd teen die Birds gehad.

Michelle Segal (doel) het teen die Comets goed gevaar in haar Tornados-debuut, maar dié keer sal haar visier nóg skerper ingestel moet wees. Sy sal haar nie deur die meer ervare Vrystaatse verdedigers moet laat ontsenu nie.

Leanie Kleynhans (hulpdoel) sal ’n groot ondersteunende rol moet vertolk.

Die Tornados het teen die Comets baie goeie druk toegepas en heelwat balle onderskep. Vanaand is haar span se opdrag egter dat meer onderskeppings in doele omgeskep moet word, het Mariana van Zyl, afrigter van die Tornados, gesê.

Teken in op Volksblad


Vind
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer