Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
SA se sexyste vrou gekroon
Suid-Afrika se nuwe sexyste vrou van die jaar sê dié titel laat haar voel asof sy 'n Mej. Suid-Afrika-bikinititel gewen het.
Wen ook R1000!
Nóg 'n Volksblad-leser het R1 000 in die Wagwoord-wedstryd losgeslaan. In diê opwindende wedstryd kan lesers R1 000 per dag wen.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           8-26°C

Voorspellings
Sudoku

IKR wil plan beproef
May 09 2008 01:57:57:460AM  - (SA)  
Altus Momberg



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

KAAPSTAD. – Die Internasionale Krieketraad (IKR) wil die toetsreeks tussen Engeland en Suid-Afrika gebruik om sy nuwe plan waar spelers die skeidsregters se beslissings kan bevraagteken, op die proef te stel. Die eerste van vier toetse begin op 10 Julie op Lords in Londen.

Die IKR het sy planne vir die nuwe stelsel bekend gestel en dit moet nou net deur Krieket Suid-Afrika (KSA) en die Engelse Krieketraad (ECB) goedgekeur word om dit vir die komende toetsreeks in werking te stel.

Krieket se nuwe plan herinner nogal baie aan tennis se stelsel waar die speler ook ’n aantal kanse kry om die lynregters se beslissings te betwis.

Dit geld byna alle beslissings. Skeidsregters sal steeds vir elke lynbeslissing soos by uithardloop- en stonkkanse self besluit of die TV-skeidsregter se hulp nodig is.

Met elke ander beslissing kan die spelers nou die skeidsregter vra om die saak na die TV-skeidsregter te verwys.

Die nuwe plan bepaal dat elke span drie kanse per kolfbeurt kry om ’n skeidsregter se beslissing te verwys. As die speler se verwysing suksesvol was, verloor hy nie een van sy kanse nie.

Net die kolwer, wat slag bied, of die kaptein van die veldwerkspan het die reg om ’n beslissing te bevraagteken. Nie eens die kolwer aan die bouler se kant van die kolfblad mag ’n beslissing betwis nie.

Die proses werk so: Die skeidsregter gee ’n beslissing, die speler bevraagteken dan die beslissing, die skeidsregter raadpleeg die TV-skeidsregter en dán gee die skeidsregter ’n finale beslissing.

In die verlede wanneer die skeidsregter op die veld ’n lynbeslissing na die TV-skeidsregter verwys het, het die verantwoordelikheid na die TV-skeidsregter verskuif.

Nou sal die twee skeidsregters met mekaar praat, maar die skeidsregter op die veld sal steeds die finale beslissing maak.

Brian Basson, KSA se bestuurder van krieketsake, het gister gesê die IKR was lank lugtig vir dié stelsel.

“Daar is gemeen dit sou nie in die gees van die spel wees nie,” het Basson gesê.

Daar sal ook ’n tydgrens wees vir hoe lank ná ’n beslissing gemaak is, dit nog betwis kan word.

“ ’n Mens wil nie die situasie hê waar die afrigter in die kleedkamer ’n boodskap kan stuur of die spelers op die groot skerm van die veld kan sien dat dit ’n verkeerde beslissing was nie,” het Basson gesê.

Die TV-skeidsregter mag ook die Hawkeye-tegnologie gebruik om die trajek van die bal te bepaal. Hy mag dit egter net gebruik tot waar die bal die beenskut tref.

Die TV-skeidsregter mag dus nie die voorspellingsfunksies van die tegnologie gebruik nie.

Teken in op Volksblad


Vind
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer