Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Naghowe ‘is 'n briljante plan’
Naghowe vir Suid-Afrika om die geweldige agterstand in strafsake te probeer wegwerk, kan eersdaags 'n werklikheid wees.
André P. Brink se susterskind doodgeskiet
“Dit is onaanvaarbaar dat Suid-Afrika oorgelaat is aan die genade van barbare.”
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           10-25°C

Voorspellings
Sudoku

Geen genade vir Haaie
May 10 2008 07:23:00:493AM  - (SA)  
Pieter Jordaan



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Die Absa-stadion is vandag soos die Colloseum van ouds waarin die Haaie soos ’n Romeinse stryd- vegter vir 80 minute om lewe en dood moet veg.

Die Haaie benodig ’n oorwinning en ’n bonuspunt vir vier drieë of meer om hul kanse vir die halfeindronde enigsins in hul eie hande te hou.

Vir hul landgenote, die Vodacom-Cheetahs, is dit hul aansien wat aan ’n dun draadjie hang, want ’n nederlaag kan die sentrale streekspan tot aan die voet van die puntelys verdoem.

Om sake vir die besoekers te bemoeilik het die Cheetahs waarskynlik nog selde so min Suid-Afrikaanse ondersteuning gehad soos vir vandag se wedstryd in Durban.

Tensy iemand ’n driftige Cheetah-ondersteuner is, of bloot geen ooghare vir die Haaie het nie, sal die manne van die Ooskus vandag op landwye ondersteuning kan staatmaak wanneer hulle om 15:00 die Absa-stadion binnedraf.

Nie een van die spanne sal egter ’n duit omgee om mekaar uit hul uiteenlopende penaries te help nie.

Die tuisspan se vasberadenheid om die Cheetah-agttal met fisieke krag te smoor is duidelik gemaak met die insluiting van Johan Ackermann op slot.

Met hul kaptein, Johann Muller, wat beseer is, kon die Haaie miskien nog op ’n jongeling se knoppie gedruk het.

Hul honger om te seëvier is egter van so aard dat Dick Muir (afrigter) selfs die byna 38-jarige Ackermann kon oortuig om vandag weer te speel.

Ook die insluiting van Adrian Jacobs op buitesenter word as ’n aanvallende skuif gesien waarmee die nuwe Bok-hulpafrigter ’n bonuspunt probeer vaspen.

Die Cheetahs se agttal word op hul beurt ook as die span se ware krag beskou. H?l kaptein, Juan Smith, is een van ’n handvol spelers wat sy Vrystaatse spelers-kontrak verleng het en vasbeslote is om die Cheetahs voortaan ’n Super 14-rugbykrag te maak.

Die Haaie is juis ’n unie wat Smith glo bitter graag in hul kamp wou kry.

Nog ’n speler wat nog langer by die Cheetahs sal aanbly, is die senter JW Jonker.

Hy is Jacobs se regstreekste teenstander en ’n lid van ’n Cheetah-agterlyn wat dié slag met hul duikslae moet raakvat, en selfs meer, as hulle die haastige Haaie wil keer.

Alles dui dus daarop dat die Haaie se vermoë om hul aanvalsvernuf in punte te omskep, en die Cheetahs se vermoë om dit met beter lakwerk teen te staan, die gang van die wedstryd kan bepaal.

Basies moet albei spanne doen wat hulle nog nie eintlik vanjaar goed kon regkry nie. Die Haaie moet drieë druk, en die Cheetahs moet lak.

Die spanne is:

Haaie: Stefan Terblanché; Odwa Ndungane, Adrian Jacobs, Frans Steyn, JP Pietersen; Ruan Pienaar, Rory Kockott; Ryan Kankowski, AJ Venter (k), Jacques Botes, Albert van den Berg, Johann Ackermann, BJ Botha, Bismarck du Plessis, Tendai Mtawarira. PLAASVERVANGERS. Craig Burden, Jannie du Plessis, Steven Sykes, Jean Deysel, Keegan Daniel, Bradley Barritt, Waylon Murray.

Vodacom-Cheetahs: Hennie Daniller; Eddie Fredericks, JW Jonker, Meyer Bosman, Jongi Nokwe; Conrad Barnard, Falie Oelschig; Duanne Vermeulen, Juan Smith (k), Hendro Scholtz, Barend Pieterse, Rory Duncan, CJ van der Linde, Adriaan Strauss, Wian du Preez. PLAASVERVANGERS: Richardt Strauss, Bees Roux, David de Villiers, Hendro Scholtz, Tewis de Bruyn, Bevin Fortuin, Hendrik Meyer.

Skeidsregter: Willie Roos.

Afskop: 15:00 ) TV: van 14:30 af op M-Net en SS1/DStv.

Teken in op Volksblad


Vind
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer