Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 8-25°CVoorspellings |
|
McLeod-hulle wen die twee belangrikste titels
PRETORIA. – MTN se fietsryspanne het gister in Oos-Londen op die laaste dag van die Suid-Afrikaanse padbyeenkoms die twee titels gewen wat saak maak. Ian McLeod het die elite-wedren vir mans gewen en die 18-jarige Cherise Taylor is die vroue-kampioen. Die ander groot held was die 20-jarige Jacques Janse van Rensburg van Neotel wat byna 60 km ’n alleenstryd teen die selfoonmaatskappy se jaers gevoer het. Dit het nie saak gemaak hoe warm die wenspan se jaers die pas gemaak het nie, hulle kon nie vir Janse van Rensburg afskud nie. Eindelik het hy tweede oor die eindstreep gejaag en dit was goed genoeg om te verseker dat hy die Suid-Afrikaanse o.23-kampioen is. McLeod sê sy sege was ’n spanpoging soos min. Hy het net afgerond wat sy spanmaats begin het. Barry Austin, Neotel se spanbestuurder, het toegegee dat die MTN-jaers se spanwerk onverbeterlik was. “Dit was beslis hulle beste vertoning nóg,” het Austin gesê. McLeod en sy spanmaats het met vier rondtes oor ’n aanval begin. Feitlik die hele span – McLeod, David George, Kevin Evans, Malcolm Lange, Neil MacDonald – het in dié breek weggekom. Janse van Rensburg en Christoff van Heerden van Konica-Minolta was die enigste ander jaers wat nie aan die slaap gevang is nie. Volgens McLeod het hy en sy spanmaats toe met “speletjies” begin. Dit was vir die selfoonspan belangrik om van Van Heerden ontslae te raak omdat hy baie haastig is wanneer ’n wedren met ’n naelrit eindig. In die voorlaaste rondte het Van Heerden die aftog geblaas en die stryd was toe gewonne. Die wenspan se jaers het, soos hulle vooraf beplan het, verseker dat McLeod eerste oor die eindstreep jaag. Uit agting vir Janse van Rensburg se kanniedood-veggees is hy toegelaat om tweede oor die eindstreep te jaag. Waylon Woolcock was derde en George vierde. Johan Rabie van Neotel was die tweede o.23-jaer om klaar te maak en Burry Stander van GT/Mon- goose derde. In die vroue-wedren het Taylor saam met haar spanmaat Cashandra Slingerland, Robin de Groot en Arien Torsius (albei Proline) en Elzette Visagie en Yolandi du Toit (albei Cyclelab) in ’n breek weggekom. Volgens Taylor wou die twee Cyclelab-jaers aanvanklik nie saam met hulle werk nie omdat hulle vir hul spankaptein, Lynette Burger, moes wag. Die voorsprong het al hoe groter geraak en nadat Burger die handdoek ingegooi het en in spanmotor geklim het, het die wedren in alle erns begin. Slingerland se vertoning verdien vermelding, want sy het die een aanval na die ander begin. Taylor vertel dat sy met nog net 500 m oor gedink het Slingerland gaan wen. “Die ander jaers het haar eers 200 m van die eindstreep af ingehaal. “Eers toe het ek versnel. Ek kan nou nog nie glo ek het gewen nie. Alles voel nog só onwerklik,” het Taylor gesê, wat ook vanjaar die Argus gewen het. De Groot was gister tweede en Visagie derde.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||
|
|