Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Naghowe ‘is 'n briljante plan’
Naghowe vir Suid-Afrika om die geweldige agterstand in strafsake te probeer wegwerk, kan eersdaags 'n werklikheid wees.
André P. Brink se susterskind doodgeskiet
“Dit is onaanvaarbaar dat Suid-Afrika oorgelaat is aan die genade van barbare.”
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           10-25°C

Voorspellings
Sudoku

Massa weer aan wenkant in Turkye
May 12 2008 02:43:10:390AM  - (SA)  
SAPA-dpa



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

ISTANBOEL. – Met drie vingers omhoog in sy Ferrari het ’n baldadige Felipe Massa gister sy driekuns-oorwinnings in die Turkse grand prix met die skare gevier.

Massa het van die voorste wegspringposisie spore gemaak en die troosprys van tweede plek aan Lewis Hamilton van McLaren-Mercedes oorgelaat.

Kimi Raikkonen, Ferrari se wêreldkampioen, het sy greep op die eerste plek op die renjaerspunteleer behou met ’n derde plek.

Massa, wat sy twee vorige oorwinnings op die 5,338 km lange Istanbul Park ook van die voorste wegspringposisie behaal het, het ná die tyd grappenderwys gesê hy behoort nou vir ’n Turkse paspoort te kwalifiseer.

“Dit was ’n fantastiese wedren. Dit was baie taai, maar om vir die derde keer agtereenvolgens hier te wen, is fantasties.

“Toe Hamilton my verbygesteek het, het ek geweet ek het steeds ’n kans, omdat daar aan my gesê is sy strategie was om drie keer by die kuipe in te trek. Ek het geweet ek kon steeds wen.

“Nou sien ek uit na die volgende wedren in Monte Carlo. Ons is besig om die motor vir hierdie wedren voor te berei waar McLaren verlede jaar baie sterk was. Ons sal hopelik goed vaar daar.”

Massa het daarin geslaag om sy voorsprong by die wegspring te beskerm, maar Hamilton, wat derde weggespring het, het sy spanmaat Heikki Kovalainen verbygesteek.

Raikkonen het ook sy plek probeer verbeter, maar omdat hy moes terughou om ’n botsing te verhinder, kon Fernando Alonso in die vyfde plek inskuif.

Die veiligheidsmotor het op die baan verskyn ná ’n botsing tydens die eerste rondte tussen Giancarlo Fisichella en Kazuki Nakajima. Albei jaers moes hulle aan die wedren onttrek. Kovalainen, wat tydens die eerste rondte ligweg teen Raikkonen gebots het, moes die kuipe in die derde rondte weens ’n lekkende band besoek en het hom daarna by die agterosse aangesluit.

Intussen het Hamilton, wat op Massa se stert geboer het, die Brasiliaan in die 24ste rondte verbygesteek. Massa het egter laaste gelag toe Hamilton kort daarna vir brandstof by die kuipe moes intrek.

Toe was dit Raikkonen wat agter Massa in die tweede plek ingeskuif het nadat die renjaers voor hom ook die kuipe moes besoek.

Hamilton het hom ná sy derde en laaste kuipestop tussen Massa and Raikkonen ingewurm.

Nie een van dié drie jaers kon daarna vir die ander wegjaag nie.

Hamilton, wat vanjaar nog net een wedren gewen het, het gesê hy is in sy noppies met sy tweede plek.

“Ek was Saterdag effens teleurgesteld met my poging in die kwalifisering; om dus tweede te eindig is fantasties.”

Die twee BMW-Saubers van Robert Kubica en Nick Heidfeld het onderskeidelik vierde en vyfde oor die wenstreep geblits, met Alonso sesde.

Die laaste twee punteposisies is ingeneem deur Mark Webber in ’n Red Bull en Williams se Nico Rosberg.

Raikkonen is nou op 35 punte steeds bo-aan die puntelys, met Hamilton en Massa albei tweede op 28.

Raikkonen het gesê sy motor is effens in die botsing teen Kovalainen beskadig, “maar dit was nie so erg dat ek iets daaraan moes doen nie”.

Teken in op Volksblad


Vind
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer