Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Naghowe ‘is 'n briljante plan’
Naghowe vir Suid-Afrika om die geweldige agterstand in strafsake te probeer wegwerk, kan eersdaags 'n werklikheid wees.
André P. Brink se susterskind doodgeskiet
“Dit is onaanvaarbaar dat Suid-Afrika oorgelaat is aan die genade van barbare.”
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           10-25°C

Voorspellings
Sudoku

Celtic te slim vir die Clever Boys
May 12 2008 02:42:36:767AM  - (SA)  
Johann de Jager



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Bloemfontein Celtic het sy segetog aan die einde van die Premiersokkerliga gister in die Seisa Ramabodu-stadion teen Wits voortgesit toe die doelskieter Petrus Mahlatsi reg aan die begin van elke helfte doele behaal het.

Celtic se sege van 2-0 is presies dieselfde telling waarmee hy in die eerste ronde teen die Clever Boys verloor het.

Dit was Celtic se derde agtereenvolgende oorwinning.

Jimmy Augousti, klubeienaar, het ná die tyd gewaarsku hulle is met tien ligapunte van ’n moontlike 12 in hul laaste vier wedstryde op die kruin van ’n golf wat Kaizer Chiefs ook Woensdag op Loftus Versfeld kan oorweldig.

Die lenige Mahlatsi het kort ná die afskop, die eerste keer toe Celtic die middellyn oorgesteek het, mooi afgerond.

Hy was aan die begin van die tweede helfte weer in die kol. Dit was sy derde doel in twee wedstryde, asook Celtic se tiende doel in vier wedstryde sedert Augousti ingegryp het om die klub van relegasie te red.

Wits het ná Celtic se vroeë doel hul voete gevind.

Shu-aib Walters, Celtic-doelwagter, wat sy beste wedstryd van die seisoen gespeel het, het in die 30ste minuut op die bal voor ’n aanstormende Clive Moyo geduik.

Hy het twee minute daarna ook die kanonskoot van sowat 40 meter van Almiro Lobo bo-oor die dwarsbalk gedeflekteer.

Celtic het gou besef die doel aan die begin sal nie voldoende wees nie.

Die skeidsregter, Jerome Damons, het sy hande vol gehad, veral weens ongeoorloofde lakslae wat weerskante uitgevoer is.

Sy skril fluitjie is deur die kaskenades van die besoekers se eksentrieke doelwagter en kaptein, Moeneeb Josephs, oortref.

Die spreekwoord lui: Slim vang sy baas, maar “Slimkat”, soos Josephs ook bekend staan, was baie gelukkig om gister slegs met ’n geel kaart weg te stap.

Die Bafana Bafana-doelwagter het twee onnodige flaters begaan.

Josephs het een van die vier geel kaarte in die wedstryd gekry weens sy optrede nadat ’n strafdoel net voor rustyd aan Celtic toegeken is toe Thabo Nthethe deur Lobo in die gevaarsone gestamp is.

Josephs het laaste gelag toe hy Moses Spandeel se poging van die kolletjie af gekeer het.

Mahlatsi het hom egter twee minute ná hervatting van die tweede helfte geklop.

Augousti sê hul mikpunt met nog twee wedstryde oor, is steeds om onder die voorste agt spanne te eindig.

Meer as R1 miljoen is vir elk van die voorste agt spanne op die spel, met die wenner wat met R10 miljoen wegstap.

Teken in op Volksblad


Vind
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer