Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 2-20°CVoorspellings |
|
‘All Blacks sal steeds
ervare span hê’
WELLINGTON. – Hoewel die All Blacks se voorste rugbyspelers hul heil vanjaar oorsee gaan soek het, beplan die afrigter, Graham Henry, steeds om ’n ervare span te kies vir die toetse teen Ierland en Engeland. Henry steun die Nieu-Seelandse Rugbyunie se beleid om net spelers te kies wat plaaslik speel, maar sê dat hy eerder ervare as jong spelers volgende maand teen Ierland en Engeland wil inspan. Minstens tien lede van die All Blacks se Wêreldbekergroep van 2007 het hul heil vanjaar oorsee gaan soek. Henry gee toe dat daar heelwat jong spelers is wat beïndruk het in die Super 14-reeks, maar wil hulle eerder kies vir die toer na Europa aan die einde van die jaar. Die uitdagings van Super 14-rugby beteken dat die jonger spelers tyd gaan nodig hê om te herstel, “so ek dink nie dat daar vir eers baie spelers van 19, 20 of 21 in die span gaan wees nie”. Die All Blacks beplan om ’n groot groep te kies vir die toer na Europa, want die jonger spelers ’n beter kans sal gee om hul buiging vir die Kiwi’s te maak. Die All Blacks se span vir die toetse teen Ierland en Engeland word op 1 Junie, die dag ná die Super 14-eindstryd, bekend gemaak. Volgens Henry is die leemtes wat gelaat is op slot en binnesenter weens die uitvloei van spelers vanjaar, hoog op sy prioriteitslys. “Daar is ook nie baie internasionale ervaring onder die binnesenters nie.” Die All Blacks het die slotte Chris Jack en Keith Robinson ná die Wêreldbeker-toernooi verloor, terwyl die binnesenters Luke McAlister en Aaron Mauger ook hul heil oorsee gaan soek het. Henry is glad nie in die versoeking om spelers te kies wat oorsee speel nie. “Dit sal ons eie reekse beïnvloed om hulle te kies, want die Super 14-reeks sal sy waarde dan verloor,” sê Henry. Dié afrigter glo wel daarin dat spelers kontrakte oor die kort termyn met klubs oorsee kan sluit, wat hulle steeds verkiesbaar sal maak vir Nieu-Seeland.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|