Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Polisiemanne voor oor korrupsie
Beweerde korrupte polisiemanne is gisteroggend vroeg op die Lesotho-grens deur die polisie in hegtenis geneem.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           2-20°C

Voorspellings

Jong rugbytalent gaan deel in eindstryd
May 13 2008 12:05:13:593AM  - (SA)  
Pieter Jordaan



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Van die opwindendste rugbytalent in Suid-Afrika sal Vrydagaand deel hê aan die Vodacombeker-eindstryd om 19:10 op Loftus Versfeld in Pretoria.

Vir die finaliste, die Blou Bulle en die Vodacom-Vrystaat-Cheetahs, is dit gewis ’n pluimpie dat hulle die eindstryd kon haal met die aantal jong spelers wat vanjaar ’n ligblou of wit trui gedra het.

Altesaam sewe van die 26 spelers wat eersdaags die nasionale o.20-span op die o.20-wêreldkampioenskap in Wallis gaan verteenwoordig, behoort Vrydagaand in aksie te wees wanneer dié spanne om die titel veg.

“Die Bulle sit met omtrent dieselfde spelerkombinasie as ons, want hulle het ook ’n klomp jong outjies en ’n paar ervare ouens,” het Pine Pienaar, Vrystaat se afrigter, gister gesê.

“In ons span sal nege van die 22 ouens wat gaan speel nog o.21-spelers wees terwyl drie verlede jaar nog by die Cravenweek-toernooi gespeel het.

“In ’n eindstryd kan dit dalk teen ’n ou tel, maar dit is al hoe die ou-tjies gaan leer.”

Pienaar het gister sy span aangewys wat geen veranderinge toon van die een wat Westelike Provinsie in die halfeindstryd geklop het nie. Dit sluit die jongelinge Wilton Pietersen (heelagter), Sias Ebersohn (losskakel) en Robert Ebersohn (plaasvervanger-senter) in.

Ervare spelers soos Giscard Pieters (vleuel) en Ronnie Uys (stut) gee die nodige balans aan die span, soos wat die Bulle se Tiger Ma-ngweni (heelagter) en John Mame-tsa (vleuel) aan die Ligbloues standvastigheid gee.

Die Bulle se jong sterre is spelers soos Rocco Jansen (vleuel) en Ockie Kruger (flank), asook die losskakel Burton Francis.

Francis kan egter die eindstryd misloop indien hy as ’n plaasvervanger vir die beseerde Derick Hougaard na die Bulle se Super 14-span opgetrek word.

Francis het ’n uitstekende wedstryd gehad toe die Bulle ’n rekordtelling van 68-22 teen Vrystaat opgestel het in hul groepwedstryd op Petrusburg in Maart vanjaar.

Pienaar het gister egter erken dat die invloed van sommige van sy senior spelers ’n sleutelrol gespeel het in sy span se ommekeer in die laaste deel van die reeks.

Die Vrystaters vertrek eers Vrydagoggend na Pretoria en sal heelweek in hul tuisstad voorberei.

Die Vrystaatse span is:

Wilton Pietersen; Howard Noble, Phillip Snyman, Bernd Theissinger, Giscard Pieters; Sias Ebersohn, Jandré Blom; Ashley Johnson (k), Nicky Steyn, Albert Parsons, Izak van der Westhuizen, Flip van der Merwe, Phillip Lemmer, Jaco du Toit, Ronnie Uys. PLAASVERVANGERS. Hercu Liebenberg, Roché van der Westhuizen, Marnus Briendenhann, Pieter Gouws, Jaco Colyn, Robert Ebersohn, Divan van Zyl.

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer