Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Hansie-fliek se eerste vertoning in Bfn
Die eerste van twee SA premières van die rolprent, Hansie, gegrond op die lewe van die oorlede SA krieketkaptein, Hansie Cronjé, gaan in Bloemfontein vertoon word.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           -1-13°C

Voorspellings

Free State Stars pak Orlando Pirates
May 13 2008 11:16:33:760PM  - (SA)  
Gerdie Karstens



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Free State Stars kan vanmiddag om 15:00 met ’n sege op Bethlehem Orlando Pirates se sokker-bootjie nog ’n groot lekplek gee.

Die Buccaneers kon vanjaar nog nie veel spanne “plunder” nie en ’n nederlaag teen Ea Lla Koto op Goblepark sal ’n swaar slag wees vir ’n span wat reeds sukkel om al die lekplekke aan ’n byna vodde boot toe te stop.

Pirates kon in hul laaste vyf kragmetings nog nie as oorwinnaar uit die stryd tree nie.

Die pylvak van die Absa-Premierliga het aangebreek en spanne wat nie meer in die wedloop vir liga-kampioen is nie, probeer steeds om onder die boonste agt klubs op die liga-puntelys klaar te maak.

Plek in aanstaande jaar se TopAgt-liga is op die spel en net die boonste klubs in die Premierliga kwalifiseer vir deelname.

Waar die Oos-Vrystaters tans vyfde op die liga-puntelys lê, bevind Owen da Gama (afrigter) se Pirates hulle in die 11de plek.

Seges in albei Pirates se laaste twee wedstryde is dus van uiterste belang as hulle enigsins op ’n plek in die top-agt wil aanspraak maak.

“Ons is reg vir Pirates,” sê Kinnah Phiri, Stars se afrigter. “Heelwat van ons staatmakers kan nie speel nie, maar dit beteken nie ’n verswakte span gaan die Buccaneers pak nie.”

Stars het nog verskeie staatmakers soos Duncan Lechesa (kaptein en middelveld-speler), Tshepo Ma-shego (doelskieter) en die Prince Olomu (middelveld-speler) wat die knoop kan help deurhak.

Pirates beskik egter nog oor spelers soos Bennet Chenene (middelveld-speler), Excellent Wallaza (doelskieter) en Lebohang Mokoena (middelveld-speler) wat die manne van Bethlehem probleme kan besorg.

Diyo Sibisi, Stars-doelskieter, het vanjaar reeds 12 doele aangeteken en kan teen Pirates verder daarop voortbou. Moroka Swallows se James Chamanga is met 14 doele tans die seisoen se voorste doelskieter, maar Sibisi kan hom verbysteek om die prysgeld van R50 000 in sy sak te steek.

Stars en Pirates moet egter sonder verskeie staatmakers vir vandag se kragmeting oor die weg kom, met veral beserings wat albei spanne bloots ry. Skorsings vir geel en rooi kaarte krap ook die afrigters se planne deurmekaar.

Stars se Collins Chabalala (doelskieter) sukkel met ’n enkelbesering, terwyl die doelskieter Thembiso Ngcobo (kniebesering) ook langs die kantlyn moet sit. Ea Lla Koto se Kampamba Chintu (verdediger) dien ’n skorsing weens ’n rooi kaart uit. Pirates se verdediger Innocent Mdledle en Mlungisi Gumbi (middelveldspeler) dien skorsings weens geel kaarte uit, terwyl Teko Modise (middelveldspeler) met ’n voetbesering sukkel. - TV: van 15:00 af op SS3/DStv

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer