Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Van vandag af kan Volksblad-lesers hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Polisiemanne voor oor korrupsie
Beweerde korrupte polisiemanne is gisteroggend vroeg op die Lesotho-grens deur die polisie in hegtenis geneem.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           2-20°C

Voorspellings

Celtic wil seisoen op hoë noot eindig met seges oor Kaizer Chiefs, SuperSport United
May 13 2008 11:14:55:883PM  - (SA)  
Johann de Jager



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Bloemfontein Celtic hoop om sy sokkerseisoen af te sluit op dieselfde wyse as wat hy dit begin het.

Celtic speel vandag om 19:30 op Loftus Versfeld in Pretoria teen Kaizer Chiefs, terwyl sy wedstryd teen SuperSport United Sondag in Bloemfontein sy laaste van die seisoen sal wees.

Celtic was vroeër ná die eerste vyf wedstryde die enigste onoorwonne span in die liga. Hy het die eerste ronde sesde afgesluit, waarna hy in die tweede ronde tot op die randjie van relegasie uitgesak het.

Masokolara het sy gesukkel intussen beëindig. Hy is ná ’n regrukpoging onoorwonne in sy laaste vier wedstryde, wat drie agtereenvolgende seges in sy laaste drie insluit.

“Ons sal die seisoen graag wil eindig soos wat ons dit begin het,” sê John Maduka, Celtic-kaptein.

Chiefs is intussen met hul sege in die Soweto-derby teen Orlando Pirates terug onder die voorste agt.

Celtic, tans 12de, kan met seges in albei sy oorblywende wedstryde ook vir hom ’n plek bespreek onder die spanne wat aanstaande seisoen in die Topagt-reeks gaan speel.

“Dit is belangrik om onder die voorste agt spanne te eindig – dié jaarlikse reeks vir die voorste spanne aanstaande seisoen is altyd goeie voorbereiding.

“Chiefs is ná hul sege oor Pirates ook goed op stryk. Dit beloof om ’n interessante stryd te wees.”

Dit is Celtic se laaste wegwedstryd van die seisoen. Hy het dié seisoen gewys hy kan weg seëvier – veral in die eerste ronde waarin hy vier van sy agt wegwedstryde gewen het. Hy kon egter net een van sy ses wegwedstryde tot dusver in die tweede ronde wen.

Maduka het beklemtoon dat in ’n wedstryd teen een van die land se sokkerreuse soos Chiefs dit nie vir hom nodig is om sy troepe aan te spoor nie, want dit bring gewoonlik die beste in hulle na vore.

Die spanne het in die eerste ronde in Bloemfontein een elk gelykop gespeel.

Celtic se jaarlikse toekenningsplegtigheid word ná Sondag se wedstryd teen SuperSport United gehou.

Die moontlikheid bestaan dat SuperSport United die trofee en wentjek van R10 miljoen as ligawenner Sondag in die Rosestad kan ontvang.

SuperSport United is een van die voorlopers. Hy is tans ’n enkele punt voor Ajax.) TV: Van 19:00 af op SS3,DStv. ) Vandag en môre se bepalings is:

Vandag – Jomo Cosmos t Black Leopards (15:00, Orkney); Supersport United t Golden Arrows (19:30, Atteridgeville); Thanda Royal Zulu t Wits (15:00, Durban); Amazulu t Moroka Swallows (15:00, Durban); Free State Stars t Orlando Pirates (15:00, Bethlehem); Kaizer Chiefs t Bloemfontein Celtic (19:30, Pretoria). Môre – Platinum Stars t Mamelodi Sundowns (20:00, Olympiapark); Ajax t Santos (19:30, Kaapstad).

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Internasionale Lotto
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer