Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
DA verwelkom konvensie van ANC-wegbreekgroep
Die DA het laat weet dat dit die nasionale konvensie van die ANC-wegbreekgroep sal bywoon.
Skiet die Bok en kry klaar, sê Naas
As hulle die Springbok wil skiet, moet hulle dit nou doen en klaarkry.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           15-30°C

Voorspellings


Wag ’n Vrystaatse derby-eindstryd?
Jul 05 2008 12:26:03:420AM  - (SA)  
johann de jager



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Lebohang Mothaibantwa, een van die groepie nuwelinge by Orlando Pirates, kan Saterdag in Sasolburg in die sokkertoernooi om die Phakisa-beker teen sy voormalige spanmaats van Bloemfontein Celtic te staan kom.

Die nasionale middelveldspeler het hom vandeesweek by die Buccaneers aangesluit.

Dit word betwyfel of hy in hul beginspan in die tweede uitspeelwedstryd om 11:10 in die DP de Villiers-stadion sal wees.

Die ander Vrystaatse premier-ligaspan, Free State Stars, kom in die eerste wedstryd van die dag om 09:00 teen die ander sokkerreus van die Rand, Kaizer Chiefs, te staan.

Die eindstryd tussen die twee seëvierende spanne van die twee oggendwedstryde sal om 15:00 plaasvind.

Dit is ook nie seker of Celtic die twee internasionale spelers waarna hy kyk, gaan inspan nie.

Ambono Achille, ’n doelskietervan Kameroen en dieNigeriese middelskakel, Alawinka Olaniyi, was in Dondagmiddag se onderlinge oefenwedstryd in die Seisa Ramabodu-stadion in aksie. Die verdediger Timothy Batabaire het ook eers Donderdag van Uganda teruggekeer.

Ditheko Mototo van Chiefs bevind hom in die geledere van Masokolara.

Moeneeb Josephs, ’n nasionale doelwagter, het hom ook van Wits by Pirates aangesluit. Van die ander nuwelinge by die Buccaneers is Thulasizwe Mbuyane, Thembile Kanono en Reason Chiloane.

Ondersteuners uit die Noorde hoop waarskynlik om ’n Soweto-derby tussen Chiefs en Pirates as eindstryd te hê.

Die twee Vrystaatse spanne kan die pret van diegene wat spesifiek daarvoor opdaag dalk net bederf.

Stars het die afgelope seisoen die beste van die twee gevaar en in die vyfde plek in die liga geëindig.

Stars word deur ’n nuwe afrigter, David Duncan van Ghana, gebrei.

Celtic speel vir die eerste keer onder Mich D’Avray wat hom uit Australië by hulle aangesluit het, terwyl Pirates ook ’n nuwe afrigter, Rudi Krol, van Nederland het.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer