Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
Federer borrel van selfvertroue
WIMBLEDON. – Tussen Roger Federer en ’n rekord- sesde agtereenvolgende Wimbledon-tennistitel staan ’n Spanjaard wat brand om sy eerste grand slam-grasbaantitel te verower. Die huidige viermalige Franse Ope-kampioen, Rafael Nadal, sal hoop derde keer is skeepsreg wanneer hy môre teen die wêreld se voorste speler te staan kom in die eindstryd van tennis se mees gesogte Grand Slam-toernooi. Federer, die vyfmalige verdedigende kampioen hier, het gister sy 17de grand slam-eindstryd gehaal toe hy die Rus Marat Safin met 6-3, 7-6 en 6-4 in hul halfeindstryd ore aangesit het. Nadal het die Duitser Rainer Schuettler met 6-1, 7-6 en 6-3 geklop. Die tafel is gedek vir die volgende hoofstuk van die magstryd tussen die wêreld se twee voorste spelers. Ofskoon die 22-jarige Nadal die begeerte én wapens het om Federer te klop, het hy dit nog nooit op gras reggekry nie. ’n Enorme taak wag op die Spanjaard. As hy die trofee wil lig, moet hy Federer se segetog van 65 agtereenvolgende wedstryde op gras en 40 hier by die All Eng?land Club tot ’n einde bring. Federer speel met presisie. Hy speel op sy gunsteling-oppervlak. Sy afslane is dodelik akkuraat. Hy jaag geskiedenis na, iets wat nog altyd vir hom belangrik was. Maar die belangrikste: In teenstelling met die Federer van tot ’n paar weke gelede, straal die Federer hier selfvertroue uit. “Mense kan dink wat hulle wil, maar moet my nie so vinnig afskryf nie. My deel van die seisoen het nou maar eers aangebreek,” het Federer gewaarsku. Die enigste man wat ses agtereenvolgende titels hier gewen het, was Willie Renshaw in die 1880’s en hy moes net een wedstryd wen om sy titels te verdedig. Die man op wie se rekord Federer môre wil verbeter, Björn Borg, het ook nadat hy Federer die afgelope twee weke aanskou het sy deuntjie verander. “Roger én Nadal speel tans ongelooflik. Roger speel egter perfekte tennis,” het Borg gesê. Federer en Nadal se derde eindstryd agtereenvolgens hier is die eerste sedert Boris Becker en Stefan Edberg s’n tussen 1988 en 1990. – Reuters, DPA ) TV: Môre van 15:00 af op SS/GDN en SS2/DStv.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|