Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Prinse gaan op motorfietse deur SA ry
Prinse William en Harry beoog om later vanjaar ten bate van vigswesies meer as 1 600 km op motorfietse deur Suid-Afrika en Lesotho te ry.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           7-29°C

Voorspellings

Kan Cheetahs sonder Willem de Waal wen?
Jul 05 2008 12:26:01:357AM  - (SA)  
pieter jordaan



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Dit voel byna onwerklik om te dink Generaal De Waal kan Saterdag om 15:00 aan die oorkant van die slagveld staan as die Vodacom-Vrystaatse Cheetahs vir hul Curriebeker-wedstryd op Nuweland in Kaapstad teen Westelike Provinsie aantree.

Vir sommige Vrystaters was die vroeëre nuus dat Willem de Waal liewer vir WP as vir Vrystaat wil speel swaar om aan te kou, maar die Cheetahs sal vandag daarteen wil waak om hul visier uitsluitlik op die generaal in te stel.

Dit is immers ’n sterk WP-span wat vanjaar die huppel in sy stap terug het en moeilik geklop word.

Volgens die Kaapse media is De Waal se kans om môre te speel buitendien in die weegskaal, aangesien hy glo ’n dyspierbesering het.

Aanvallende rugby kan vandag ook ingeperk word met reënweer wat vir die Moederstad voorspel word. Die wedstryd is straks ’n kans vir die twee agttalle om aan hul reputasies te bou.

Die Cheetahs moet sonder CJ van der Linde, Rory Duncan, Juan Smith en Duanne Vermeulen klaarkom, en WP moet voorlangs sy spiere sonder Brian Mujati, Andries Bekker, Luke Watson en Schalk Burger bult.

WP se terugvegpoging verlede week teen die Blou Bulle was wel deurdrenk van die soort passie waaraan Kaapse rugby vanjaar gewoond raak, terwyl die Vrystaters se sege oor die Leeus maar die eerste tree was ná hul poging om op te staan nadat die span plat op sy maag in die Super 14-pad geval het.

“Die groot ding in die Curriebeker-reeks is om jou tuiswedstryde te wen,” het Naka Drotské, Cheetah-afrigter, oor die belang van sy span se belangrike sege oor die Leeus gesê.

Dié beginsel sal ook in vandag se kragmeting die WP geld.

Die heuningkwas is vandeesweek deur albei spanne uitgehaal met Allister Coetzee, WP-breier, wat die Cheetahs se Barend Pieterse (slot) en veral Heinrich Brüssow (flank) uitgesonder het.

De Waal se gehalte is uit die Cheetah-kamp beaam, maar nadat die nuwe Cheetah-losskakel, Chris Rossouw, die Leeus verlede week byna op eie houtjie geklop het, is dit asof die Vrystaatse verlange na De Waal skielik effens begin kwyn het.

Daar is gewis diegene wat wonder of die Cheetahs De Waal werklik nodig het om Curriebeker-sukses te behaal. Vir ’n beter kans as vandag om nader aan dié antwoord te kom, kan daar nie gevra word nie.

Die spanne is:

Vodacom-Vrystaatse Cheetahs: Bevin Fortuin; Eddie Fredericks, Hendrik Meyer, Meyer Bosman, Jongi Nokwe; Chris Rossouw, Neil Powell; Schalk van der Merwe, Hendro Scholtz (k), Heinrich Brüssow, Barend Pieterse, Flip van der Merwe, Kobus Calldo, Adriaan Strauss, Wian du Preez. PLAASVERVANGERS: Jaco du Toit, Phillip Lemmer, David de Villiers, Kabamba Floors, Tewis de Bruyn, Fabian Juries, JW Jonker.

Westelike Provinsie: Gio Aplon; Wylie Human, Dylan des Fountain, Gcobani Bobo (k), Tonderai Chavhanga; Willem de Waal, Alistair Siegelaar; AJ Venter, Francois Louw, Pieter Myburgh, Ross Skeate, Adriaan Fondse, Brock Harris, Schalk Brits, Wicus Blaauw. PLAASVERVANGERS: Deon Fourie, Schalk Ferreira, Francois van der Merwe, Justin Melck, Paul Delport, Isma-eel Dollie, Morgan Newman.

Skeidsregter: Craig Joubert.

Afskop : 15:00. ) TV: van 14:45 af op SS/M-Net en SS1/DStv.

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer