Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Prinse gaan op motorfietse deur SA ry
Prinse William en Harry beoog om later vanjaar ten bate van vigswesies meer as 1 600 km op motorfietse deur Suid-Afrika en Lesotho te ry.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           5-30°C

Voorspellings

Valke maak Leeus goed in hul Curriebeker-stryd skrik
Jul 05 2008 12:26:00:780AM  - (SA)  



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

JOHANNESBURG. – Die Leeus het Vrydagaand op Ellispark groot geskrik teen die Valke voordat hulle die Skarlakenrooies 35-23 verslaan het om hul eerste sege in die Curriebeker-rugbyreeks te behaal.

Die Leeus het die voltal van vyf ligapunte broodnodig gehad om hul aanspraak in die beker-reeks ná twee nederlae lewendig te hou.

Die Valke het gedreig om ’n opskudding te veroorsaak deur ’n agterstand van tien punte in die tweede helfte uit te wis om gelyk met die Leeus op 18-18 te trek.

Die tuisspan het genoeg skietgoed gehad om die gemaklike voorsprong binne minute te herstel, maar die Valke het geweier om te gaan lê en die Leeus laat swoeg tot die bitter einde.

Die heelagter Earl Rose was die tuisspan se groot held. Hy het drie drieë gedruk en ook 15 punte met sy skopvoet aangeteken om 30 punte tot die Leeus se totaal by te dra.

Die Valke het ondanks ’n string beserings stewig vertoon met ’n ontwrigte span.

Die flank Uwe Sauer, die linkervleuel Luvo Sogidashe, die losskakel Riaan Smit en die buitesenter Rouan Cloete het almal die veld hinkepink verlaat. Sauer en Cloete het albei ’n barshou gespeel voordat hulle beseer is.

Die besoekers het hul kanse gehad om selfs voor te loop teen rustyd. Die agtsteman Sean Plaatjies het egter twee keer aangeslaan met ’n oop doellyn voor hom, terwyl die heelagter Jacques Schutte se skopvoet hom ook in die steek gelaat het.

Die Leeus het gedreig om in die eerste skof ’n groot voorsprong op te bou ná twee drieë, maar swak besluitneming en te veel onnodige foute op die aanval het die agterdeur vir die Valke oopgelaat.

Puntemakers:

Leeus 35 (18) – Drieë: Franco van der Merwe, Earl Rose 3. Doelskop: Rose 3. Strafdoele: Rose 3. Valke 23 (8) – Drieë: Dewald Pretorius, Rouan Cloete, Emile Verster . Doelskop: Len Olivier. Strafdoele: Olivier, Jacques Schutte. – Jaco van der Merwe

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer