Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Prinse gaan op motorfietse deur SA ry
Prinse William en Harry beoog om later vanjaar ten bate van vigswesies meer as 1 600 km op motorfietse deur Suid-Afrika en Lesotho te ry.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           7-29°C

Voorspellings

All Blacks moeilik tuis geklop
Jul 05 2008 12:26:03:950AM  - (SA)  
stephen nell



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

WELLINGTON. – Nege-en-twintig toetse en 1 805 dae. ’n Mens hoef net na dié koue, harde stukkie statistiek te kyk wat ’n plaaslike koerant Vrydag hier aangebied het om te besef hóé goed die All Blacks op hul tuisveld is.

Nieu-Seeland het laas op 14 Junie 2003 op eie bodem ’n rugbytoets verloor. Dit was teen Clive Woodward se Engeland-span, wat later daardie jaar ook die Wêreldbeker-toernooi in Australië sou wen.

Terwyl die Nieu-Seelandse media vroeër vandeesweek oënskynlik daarop uit was om hul eie span af te takel, is die nasionale trots op die voorgrond geskuif. En dit is baie moeilik om met ’n repliek vorendag te kom, want Suid-Afrika het laas in 1998 in Nieu-Seeland gewen. Die Springbok-afrigter, Peter de Villiers, het egter gister met seker die beste moontlike raad vorendag gekom toe hy deur ’n Nieu-Seelandse joernalis oor die losskakel, Butch James, se “swak” rekord teen die All Blacks gevra is.

“As jy konsentreer op wat in die verlede gebeur het, sal jy nooit vordering maak en in die toekoms in beweeg nie,” het De Villiers gesê.

“Ek kan nie onthou wanneer Butch teen die All Blacks gespeel het nie. Die Bokke het teen die All Blacks gesukkel, nie Butch op sy eie nie. As ons dit kan verander, sal Butch wys hoe goed hy is.”

Suid-Afrika sal boonop kyk na die span wat die All Blacks vandeesweek gekies het, en ’n geleentheid raaksien.

Die tuisspan se kaptein, Richie McCaw, is nie daar nie. Die gevolg is ’n gelapte lostrio, met Rodney So’oialo en die onervare Adam Thomson op die flanke, en Jerome Kaino op agtsteman, wat Suid-Afrika bevoordeel.

Die All Black-kamp sê die ervare Ali Williams is fiks. Hulle het hom nodig, maar selfs met 49 toetse agter die blad, is hy niks om te vrees as jy Bakkies Botha en Victor Matfield in jou kraal het nie. Dit bevoordeel Suid-Afrika.

Boonop voel die All Blacks die druk van ondersteuners, wat steeds die josie in is oor verlede jaar se debakel op die die Wêreldbeker-toernooi. Dit is meer as 1 800 dae sedert die All Blacks in Nieu-Seeland verloor het, maar dit begin al aan 18 000 dae grens sedert hulle die Webb Ellis-beker laas gesien het!

Suid-Afrika draf vandag in die Westpac-stadion as wêreldkampioen uit. ’n Mens kan die selfvertroue onder die spelers bespeur wanneer jy met hulle gesels. Hierdie Bokke is wenners. Weer word Suid-Afrika bevoordeel.

Dat die Kiwi’s erg passievol op eie bodem raak en moeilik geklop gaan word, is beslis so. Dat hulle skrum vernietigend kan wees, is ook ’n feit. Die groot vraag sal wees of die Bokke voorlangs hul man sal kan staan, en of James dalk in generaal Dan Carter se agterplaas die stryd van die losskakels kan wen.

Die spanne is:

Suid-Afrika: Conrad Jantjes; Odwa Ndungane, Adrian Jacobs, Jean de Villiers, Bryan Habana; Butch James, Ricky Januarie; Joe van Niekerk, Juan Smith, Schalk Burger, Victor Matfield, Bakkies Botha, CJ van der Linde, John Smit (k), Gurthrö Steenkamp. PLAASVERVANGERS: Bismarck du Plessis, Brian Mujati, Andries Bekker, Luke Watson, Bolla Conradie, Frans Steyn, Percy Mongomery.

Nieu-Seeland: Mils Muliaina; Sitiveni Sivivatu, Conrad Smith, Ma’a Nonu, Rudi Wulf; Daniel Carter, Andrew Ellis; Jerome Kaino, Rodney So’oalio (k), Adam Thomson, Ali Williams, Brad Thorn, Greg Somerville, Andrew Hore, Tony Woodcock. PLAASVERVANGERS: Keven Mealamu, Neemia Tialata, Anthony Boric, Sione Lauaki, Jimmy Cowan, Stephen Donald, Leon MacDonald.

Skeidsregter: Stuart Dickinson (Aus). Assistent-skeidsregters: James Leckie en Paul Marks (albei Aus). TV-skeidsregter: George Ayoub (Aus).

Afskop: 09:35.

  • TV: Van 09:00 af op SS/M-Net en SS1/DStv.

    Teken in op Volksblad


  • Vind
    Werksgeleenthede
    Versekering Vir Vroue
    Top Afrikaanse Boeke
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende


    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer