Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
Kabamba kan flink vertoning in 50ste wedstryd lewer
Een van die gewildste Vrystaatse rugbyspelers die afgelope klompie jare, Kabamba Floors, sal vanaand die viering van ’n mylpaal met ’n flink vertoning vir die Cheetahs die moeite werd wil maak. Floors kon nie vanjaar ’n plek in die Cheetahs se beginspanne in die Super 14- en Curriebeker-reekse oopspeel nie, maar kry vandag sy kans as flank nadat die Cheetahs se kaptein, Hendro Scholtz, beseer is. Ofskoon dit bloot toevallig is, kry Floors sy langverwagte kans in die beginspan op die aand wat hy sy 50ste wedstryd vir die Blikore sal speel. Die 27-jarige Floors was vanjaar nie altyd vir die regte redes in die nuus nie en is selfs deur ’n koerant aangehaal dat hy graag vir Westelike Provinsie wou speel. Sommige kenners meen hy is ongelukkig om nie meer speelkans in die Cheetahs se beginspan te kry nie, hoewel losvoorspelers soos Heinrich Brüssow, Juan Smith en Duane Vermeulen vanjaar voortreflike spel as losvoorspelers gelewer het. “Almal weet watter talent en vaardighede hy het. Daar is min flanke wat so om ’n buitesenter kan hardloop soos hy teen die Haaie gedoen het,” het Naka Drotské, Cheetah-afrigter, gesê met verwysing na Floors se lopie rondom Waylon Murray verlede week in die aanloop tot Fabian Juries se drie. “Ek het nog altyd gesê as sy houding reg is, op die veld en van die veld af, sal hy speel – selfs al is dit nou vanweë ’n besering (Hendro Scholtz) wat hy in die span is,” het die breier gesê. Met Floors in die span as Brüssow se flankmaat, sal die Cheetahs nie ’n oorvloed van lynstaanopsies vir die Valke-stryd hê nie. Drotské meen sy slotpaar, Barend Pieterse en David de Villiers, sal ’n groot taak hê om hul goeie lynstaanspel teen die Haaie voort te sit. “As jy teen spanne soos die Valke, Griekwas en Boland wil wen, moet jy hul vaste fasette ontwrig en met jou eie vaste fasette goed doen,” het Drotské gesê. Die Cheetah-breier het ook die terugkeer van Adriaan Strauss (haker), wat van die Springbokke teruggekeer het, en Vermeulen (plaasvervanger-losvoorspeler), wat van ’n nekbesering herstel het, as ’n inspuiting vir die span beskryf. Vermeulen behoort in die tweede helfte speelkans te kry en is glo honger om weer rugby te speel. Die 19-jarige Wilton Pietersen sal volgens Hawies Fourie, agterspeler-afrigter, dié seisoen as impakspeler gebruik word as die situasie dit toelaat. Pietersen kan vanaand vir die eerste keer Curriebeker-rugby speel. Hy is een van die Cheetahs se sewe plaasvervangers.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|