Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-33°CVoorspellings |
|
Rudolph wil soos Hussey ryp na nasionale span terugkeer
Jacques Rudolph hoop om oor drie jaar – soos Australië se Mike Hussey – sy terugkeer tot die Suid-Afrikaanse krieketspan te maak. Hussey het hom ná jare van graafskapkrieket en laat in sy loopbaan as ’n gereelde speler in die span van Australië gevestig. “Hy was byna 31 jaar oud toe hy vir sy eerste toets gekies is,” sê Rudolph. Hussey, ook ’n hotklou-kolwer, het 15 313 lopies in eersterangse wedstryde oor 11 jaar opgestapel voordat hy sy toetsbuiging gemaak het. Hy het in dié tydperk die graafskappe van Durham, Gloucestershire en Northamptonshire verteenwoordig. Rudolph sal ook 30 wees wanneer sy verlengde Kolpak-kontrak van vyf jaar in 2011 by Yorkshire verstryk. Rudolph, wat al 35 toetse gespeel het voordat hy op ’n blaaskans besluit het, meen hy sal dan soos Hussey oorgenoeg ervaring hê om weer vir die Proteas oorweeg te word. “Ek sal dan teen daardie tyd meer as 200 eersterangse wedstryde en 300 eendagwedstryde agter die blad hê. As hulle my dan nie oorweeg nie, het ek verskeie ander opsies.” Een daarvan sal wees om hom ook vir Engeland verkiesbaar te stel. Dít is dalk waarom Joubert Stry-dom vandeesweek, toe hy sy uittrede as die nasionale keurderbaas aangekondig het, Rudolph uitgesonder het as ’n kolwer wat teruggelok móét word. Rudolph sê hy wil nie nou al daaroor bespiegel nie. Hy sal daaroor besluit die dag wanneer hy hom by dié kruispad bevind. Hy sal binnekort ook weet wat die nabye toekoms vir hom inhou. Rudolph het bevestig hy oorweeg tans ’n klompie moontlikhede. ’n Kontrak om in die Indiese Premierliga (IPL) of -Krieketliga (IKL) te gaan speel, is ter sprake. Hy sal nie sommer ’n IKL-kontrak oorweeg as dit beteken hy mag daarna nie meer internasionale krieket of vir Yorkshire speel nie. Hy sal dit slegs oorweeg indien die regulasies omtrent dié wegbreekreeks intussen verander. Maar voordat Rudolph enige besluite in dié verband neem, sal hy nog ’n besluit oor sy beplande skoueroperasie moet neem. Hy het die Getstetner-Diamant-Arende aan die einde van die afgelope seisoen gevra om hom vry te stel sodat hy met sy terugkeer van Engeland af die operasie kan ondergaan om vir eens en vir altyd van die chroniese pyn in sy regterskouer ontslae te raak. Hy ervaar geen ongemak daarvan as hy kolf nie, maar hy word gereeld daaraan herinner wanneer hy ’n krieketbal gooi, sê Rudolph. “Ek gaan in Augustus hier in Engeland ’n skandering ondergaan.” Hy sal dan met sy terugkeer na Bloemfontein oor die operasie besluit. Rudolph sê as hy daarteen besluit, gaan hy buitendien ’n lang ruskans ná sy bedrywige graafskapseisoen neem. Die moontlikheid is groot hy kan vir die tweede ronde van die SuperSport-reeks aan die einde van Februarie weer vir die Diamant-Arende beskikbaar wees as hy nie die operasie ondergaan nie.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||
|
|