Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 2-26°CVoorspellings |
|
Paul Harris sal homself moet bewys teen Bangladesj A
WORCESTER. – As Paul Harris die Britse krieketkenners wil oortuig dat hy in toetskrieket hoort, gaan hy die toerwedstryd hier teen Bangladesj moet gebruik om sy spelpeil, en veral sy selfvertroue, te herwin. Terwyl die krieketkommentators en -media vol lof vir die Proteas was tydens die tweede toets op Headingley, het niemand geskroom om hul teleurstelling oor Harris se boulwerk uit te spreek nie. Harris het nie ’n enkele paaltjie in die tweede toets geneem nie, en om die waarheid te sê, het dit nooit gelyk of hy een gaan neem nie. Hoewel daar bitter min hulp vir die draaiers op die Headingley-blad was, het hy selfs gesukkel op die laaste dag teen die Engelse nommer-11-kolwer, Darren Pattinson. Dié groentjie het boonop die bal twee keer bo-oor sy kop vir viere gemoker. Die Proteas speel van vandag af in ’n driedag-wedstryd hier teen Bangladesj A. Harris en die Proteas se ander draaier, Robin Peterson, speel albei in dié wedstryd en dit sal interessant wees om te sien wat die spanbestuur gaan doen as Peterson beter as die huidige toetsbouler vaar. Peterson het juis sy laaste kans in die toetsspan in Bangladesj gekry toe Harris met ’n besering gesukkel het. Hy het toe vyf paaltjies in ’n beurt in Chittagong geneem. Om sake vir Harris te vererger, het hy vroeër vandeesweek geval en sy regter-polsgewrig beseer, maar behoort gereed te wees om sy plek vandag op die veld te neem. Harris het uitstekend geboul aan die begin van die seisoen in Pakistan toe hy 12 paaltjies in die twee toetse teen Pakistan geneem het. Hy was een van die Proteas se groot troefkaarte en is met reg groot lof toegeswaai. Sedert daardie reeks het hy egter net 18 paaltjies in nege toetse teen ’n gemiddelde van 42.83 geneem en het nie dieselfde impak as voorheen gehad nie. Harris se rol in die toetsspan is om sake onder beheer te hou, terwyl die naatboulers ’n blaaskans gegee word. As daar hulp in die blad is, het hy ’n meer aanvallende rol. Hy is egter nie die beste veldwerker in die span nie en al het sy kolfwerk groot verbetering getoon, is hy steeds ’n eindkolwer. Peterson is egter een van die beste veldwerkers in die groep en as ’n speler met vier eersterangse honderdtalle agter die blad is hy as veelsydige speler ’n groter aanwins vir die span. Suid-Afrikaanse keurders het in die verlede daarvan gehou om draaier te kies wat kon kolf soos Nicky Bojé en Pat Symcox. Hulle het egter die laaste 18 maande vir Harris gekies omdat hulle geglo het hy is die beste bouler.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||
|
|