Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 7-29°CVoorspellings |
|
Boucher sê SA wil dit 2-0 in reeks maak
WORCESTER. – Dié huidige Proteas is nie dieselfde Suid-Afrikaanse krieketspan wat die vorige drie keer op ’n toer in Engeland ’n reekssege deur hul vingers laat glip het nie. Dít was Mark Boucher, die Proteas se ervare paaltjiewagter, se boodskap aan diegene wat vrees die Proteas gaan weer in die pylvak uitsak. Die Proteas is 1-0 voor in die reeks met toetse op Edgbaston en die Oval nog op die kalender. “Ons gaan gewis nie probeer om ons voorsprong te verdedig in die volgende toets nie. Ons gaan probeer om te wen om ’n onaanvegbare voorsprong van 2-0 te hê,” het Boucher gesê. Suid-Afrika het in 2003 ’n voorsprong van 2-1 gehad voor die laaste toets en het die eerste dag oorheers toe Herschelle Gibbs ’n honderdtal gemoker het. Engeland het egter teruggeveg en het die toets gewen en die reeks gered. Boucher was vol lof vir die volwassenheid wat AB de Villiers en veral Ashwell Prince met hul kolfwerk ten toon gestel het. “Ek dink Ashwell is tans uitstekend op dreef en ek dink nie hy kan veel beter nie. Dit is nou net ’n kwessie om sy honger vir lopies te handhaaf.” Boucher sien ook die gesukkel van sy groot vriend, Jacques Kallis, as ’n positiewe en nie negatiewe faktor nie. “Jacques het nog nie vlam gevat nie. Hy oefen tans ekstra hard en dit is net ’n kwessie van tyd voordat Engeland hom in die ware Jacques gaan vasloop. Hy gaan iemand dan ’n hengse pak slae gee,” het Boucher gesê. “Krieket het ’n manier om jou so nou en dan nederig te hou en uit die bloute ’n klap te gee. Jacques het een gekry. Dit gebeur nie gereeld dat hy sukkel nie en hy weet dus nou hoe voel dit om een van ons te wees. Vir ’n rukkie ten minste.” Boucher se paaltjiewagterskap in die eerste toets op Lord’s, waar die bal buitengewoon baie beweeg nadat dit verby die penne is, was nie te waffers nie. Hy het egter meer sukses op Headingley behaal en boonop nege vangskote benut. Daar was ook ’n bietjie slegte nuus vir die Proteas gister toe x-straalfoto’s gewys het Dale Steyn het ’n fraktuur in sy linkerduim opgedoen. Hy boul gelukkig met die regterarm en behoort dus reg te wees om in die derde toets, wat Woensdag op Edgbaston begin, te speel. Steyn sou in elk geval nie in vandag se wedstryd teen Bangladesj A hier gespeel het nie.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||
|
|