Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Kry nuus op jou selfoon
Volksblad-lesers kan nou hul gunsteling-koerant se nuushooftrekke sommer op hul selfone kry.
Min gekeurdes val in Ope vas
Dit gaan steeds klopdisselboom met die voorste gekeurde tennisspelers hier in die Amerikaanse Ope.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           0-22°C

Voorspellings

Cheetahs op soek na voltal in Bfn
Jul 24 2008 10:32:04:637PM  - (SA)  
Pieter Jordaan



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Die hoë doelwitte wat die Vodacom-Vrystaat-Cheetahs aan hulself vir die Curriebeker-rugbyreeks stel, maak ’n bonuspunt ’n voorvereiste vir vanaand se kragmeting met die Valke wat om 19:10 op Vodacompark begin.

Ofskoon die Cheetahs lugtig is vir die Oos-Randse besoekers ná laasgenoemde se skittersege oor Westelike Provinsie, meen Naka Drotské, Cheetah-afrigter, die Vrystaters moet steeds op hul eie teikens fokus.

“Ons moet hoë doelwitte stel, want ons het die Curriebeker nou drie keer (agtereenvolgens) gewen. Ons kan nie meer net tevrede wees met ’n plek in die halfeindronde nie en bonuspunte, veral in jou tuiswedstryde, is belangrik as jy ’n halfeindstryd op jou tuisveld wil hê,” het Drotské gister gesê.

Die Valke het sover die tweede meeste drieë (17) van al die spanne in vanjaar se Curriebeker-reeks gedruk, maar het ook reeds 21 drieë (die meeste) afgestaan.

Reënweer en ’n konserwatiewe benadering het Vrystaat tot slegs nege drieë van hul eie in vanjaar se reeks beperk, hoewel vier daarvan in hul laaste wedstryd op Vodacompark teen die Haaie was.

Die Valke se aanvallende benadering kan ook as hoërisiko-rugby beskou word, hoewel Drotské meen sy span sal nie hulself daarteen blindstaar nie.

“Teen sulke spanne moet jy die nodige agting betoon. Ons gaan steeds in die eerste helfte konserwatiewe rugby speel – jy kan nie net uit jou eie halfgebied wil hardloop nie,” het hy gesê.

Drotské glo daarom sy span se verdediging sal knaend moet wees, veral aangesien die Valke bereid is om van oral aan te val.

Die jong senter Robert Ebersohn het hom teen die Haaie as ’n goeie verdediger bewys en hy sal vanaand weer getoets word.

Sy losskakel, Chris Rossouw, raak ook nou gevestig as die Cheetah-losskakel. Tewis de Bruyn is vandeesweek as sy skakelmaat gekies, maar ’n ligte dyspierbesering het Drotské-hulle genoop om Jandré Blom, wat aan die Griffons geleen is, as voorsorgmaatreël te betrek.

As De Bruyn nie vandag herstel nie, sal Neil Powell weer die skrumskakel wees, met Blom ’n plaasvervanger.

Die spanne is:

Vodacom-Vrystaat-Cheetahs: Bevin Fortuin; Eddie Fredericks, JW Jonker, Robert Ebersohn, Jongi Nokwe; Chris Rossouw, Tewis de Bruyn/Neil Powell; Schalk van der Merwe, Kabamba Floors, Heinrich Brüssow, Barend Pieterse, David de Villiers, Kobus Calldo, Adriaan Strauss, Wian du Preez. PLAASVERVANGERS: Richardt Strauss, Phillip Lemmer, Flip van der Merwe, Duane Vermeulen, Neil Powell/Jandré Blom, Wilton Pietersen, Fabian Juries.

Valke: Riaan Smit; Dewald Pretorius, Rouan Cloete, Hanno Coetzee (k), Nicky Kritzinger; Len Olivier, Gerrie Odendaal; Sean Plaatjies, Warren Perkins, Reg Muller, Marius Coetzer, Wouter Moore, Nico Pretorius, Ryno Barnes, Gavin Whittingham. PLAASVERVANGERS: Jody Jenneker, Frik Venter, Reggie Perkins, Emile Verster, Straatkat van Zyl, Johan Jackson, Jeff Perkins.

Skeidsregter: Gareth Lloyd-Jones

Afskop: 19:10

- TV: van 19:00 af op GDN en SS1/DStv.

Teken in op Volksblad


Vind
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer