Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Afgaanse konflik eis Australiër
'n Oud-Suid-Afrikaner is die naweek as 'n Australiese spesmagte-soldaat in Afganistan dood.
Omstrede beslissing knou Kallis
Jacques Kallis moet sweerlik wonder wat die krieketgode dan nou eintlik teen hom het.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

Stokke val in 4 x 100 m-aflosse op Spele
Aug 21 2008 11:24:24:723PM  - (SA)  
Wilhelm de Swardt



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

BEIJING. – Die aand van die vallende aflosstokke en ander onverklaarbare dinge.

Dít is hoe gisteraand se 4x100 meter-aflosse op die Olimpiese Spele die beste beskryf kan word.

Van die 16 mans- en 16 vroue-aflosspanne wat deelgeneem het, het 13 óf die stok laat val óf is die spanne gediskwalifiseer omdat ’n atleet buite sy baan gehardloop het. Suid-Afrika se mans was een van die aflos-spanne wat misgetas het.

Die groot nuus is dat daar niks gaan kom van die groot verwagte tweestryd tussen vetgesmeerde blitse van Amerika en Jamaika nie.

Die Amerikaners is ook een van die spanne wat die stok laat val het.

As dit nie op die Olimpiese Spele was waar een van die mees gesogste atletiekmedaljes op die spel was nie, sou ’n mens kon lag vir wat gisteraand gebeur het.

Daardie laaste oorgee van Amerika se mans en vroue-spanne, Brittanje, Nigerië, Pole en Italië se manspanne was meer as uitstekende voorbeelde van hoe om nie ’n aflos te wen nie.

Ironies genoeg was dit gister die 13de dag van die Spele en dit is nie duidelik of dit dié syfer is wat die atlete laat ontspoor het nie.

Suid-Afrika se manspan, Hannes Dreyer, Julius Leigh, Ishmael Kumbane en Thuso Mpuang, het ’n goeie kans gehad om tot die eindronde deur te dring.

Die Suid-Afrikaners was in ’n stryd om die vierde plek gewikkel.

Maar by die derde oorgee het dinge skielik vinnig baie verkeerd geloop.

Eers was daar ’n misverstand tussen Amerika se Darvis Patton en Tyson Gay wat die stok op die grond laat beland het.

Amper terselfdertyd het Nigerië se Chinedu Oriala en Uchenna Emedolu ook hul stok op die baan laat val.

Daarna het Suid-Afrika se Kumbane en Mpuang ook kop verloor en kon hulle nie die stokkie oorgegee kry nie.

Pole se afloshoop het ook ontspoor.

’n Meer as ontstelde Mpuang het agterna geweier om te vertel wat verkeerd gegaan het.

Kumbane het probeer verduidelik, maar hy het nie regtig ’n antwoord gehad nie.

Gay het die skuld vir Amerika se mislukking op hom geneem.

“Ek het uitgereik na die stokkie, maar dit was nie daar nie. Dit is my fout. As die stokkie jou hand raak, moet jy dit vasvat. Ek het nie.

“Ek is ’n veteraan as dit by aflosse kom. Dit is die eerste keer dat ek die stokkie laat val.”

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer