Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
Min gekeurdes val in Ope vas
NEW YORK. – Dit gaan steeds klopdisselboom met die voorste gekeurde tennisspelers hier in die Amerikaanse Ope. Gister het onder andere Dinara Safina (6), Venus Williams (7) en Agnieszka Radwanska (9) hul plekke in die derde ronde van die laaste grand slam-toernooi van die jaar bespreek. Safina (Rusland) het ondanks ’n paar blapse in konsentrasie vinnig met Roberta Vinci van Italië klaargespeel. Die telling was 6-4, 6-3. Safina het meer ongedwonge foute (17) as haar teenstander (14) gemaak, maar gewys as sy ten volle gefokus is, word sy moeilik gestuit. Dié Rus het sedert Wimbledon ’n wen-verloor-rekord van 17-1. Williams (VSA) was in ’n verwoestende bui en het Rossana de los Rios (Paraguay) met 6-0, 6-3 vermorsel. Radwanska (Pole) het goed begin teen Mariana Duque (Colombia) en toe ’n meer mededingende tweede stel ook beklink vir ’n sege van 6-0, 7-6. In die mans-afdeling het Stanislas Wawrinka, wat saam met Roger Federer goud vir Switserland op die Olimpiese Spele gewen het, goed gelyk in sy tweederonde-wedstryd. Die Switser het Wayne Odesnik van Amerika met 6-4, 7-6 en 6-2 geklop. - Novak Djokovic het geen probleem daarmee om Rafael Nadal en Federer se partytjie hier te bederf nie. Die huidige Australiese Ope-kampioen het egter sy enkel seergemaak in sy eersteronde-wedstryd. Hy het die Fransman Arnaud Clement met 6-3, 6-3 en 6-4 geklop. Vroeg in die derde stel het hy behandeling gekry, maar volgens die Serwiër is hy nie bekommerd nie. “Ek is oukei. Ek is seker ek sal gereed wees om te speel. Ek het meer daaraan gedink as wat ek eintlik pyn ervaar het. So dit is eintlik nie so ernstig nie,” het Djokovic gesê. Noudat hy sy eerste grand slam-titel vroeër vanjaar gewen het, is hy die gunsteling om Federer te keer om ’n vyfde agtereenvolgende titel hier te wen en Nadal te verhoed om sy eerste hier en derde van die jaar te verower. Dit is aan Djokovic genoem dat baie mense ’n herhaling van die Wimbledon-marathoneindstryd tussen Federer en Nadal wil sien. “Ek sal seker maak hulle sien dit nie,” het Djokovic met ’n skelm glimlaggie gesê. - TV: van 17:00 af ESPN op DStv.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|