Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
Bulle gaan nie weer Cheetahs onderskat
PRETORIA. – Jy stamp jou kop net een keer teen dieselfde klip. Daarom sal die Blou Bulle nie soos in 2005 weer die fout maak nie om die Cheetahs te onderskat wanneer dié twee aartsvyande Saterdag om 16:30 op Loftus Versfeld in die Curriebeker-halfeindronde swaarde kruis. Drie jaar gelede was die Bulle die oorweldigende gunstelinge om die Curriebeker te behou, maar hulle het die eindstryd verloor nadat die spring van die bal tot ’n dramatiese wendrie vir die Cheetah-plaasvervanger Meyer Bosman gelei het. Sedertdien het die Bulle en die Cheetahs nog nie weer op Loftus in ’n Curriebeker-uitspeelwedstryd slaags geraak nie, maar verlede jaar was die Vrystaters baas toe hulle die Ligbloues in Bloemfontein in die halfeindronde geklop het. Vroeër dié seisoen het die Bulle wel op dramatiese wyse op Loftus met die Cheetahs in die Vodacombeker-eindstryd klaargespeel, maar Ludeke wys daarop dat dié sege sowel as die twee in die ligafase van die Curriebeker-reeks “absoluut niks” beteken nie. “Dit is onsinnig om van gunstelinge in uitspeelwedstryde te praat. As jy goed genoeg is om die halfeindronde te haal het jy minstens ’n gelyke kans om dit te wen. Daarom is daar geen sprake dat ons die Cheetahs sal onderskat nie, want net ons beste sal ’n plek in die eindronde verseker. “Hulle is immers die kampioene en weet hoe om die grootheid van die oomblik te hanteer.” Ludeke voorsien dat net die vleuel Akona Ndungane weens ’n liesbesering nie vir die Bulle se 22-tal oorweeg sal kan word nie. Dit is slegte nuus, maar John Mametsa is meer as net ’n waardige plaasvervanger in die nommer-14-trui. Ludeke kan dus ’n span vol sterre kies, maar dit sal slegs iets beteken indien almal na hul potensiaal presteer. Die moeilikste besluit sal wees wie van Zane Kirchner of Tiger Mangweni die heelagter in die beginspan moet wees. Kirchner is vinniger en meer avontuurlustig, maar Mangweni is op sy beurt weer ’n bastion van bestendigheid. Ludeke sê sy span sal vandeesweek nie afwyk van die roetine wat hulle die hele seisoen volg nie. “Ons wil niks doen om die spelers te ontwrig nie. Soos voor elke ander wedstryd sal ons hier en daar enkele klein verstellings maak, maar geen ingrypende veranderinge aan die wedstrydplan aanbring nie,” het Ludeke gesê. - Kaartjies vir die halfeindstryd op Loftus kan reeds van vandag af by Computicket of die kaartjiekantoor gekoop word.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|