Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
Buiging in Bfn sal spesiaal wees - Ryan
Dit sal spesiaal vir hom en die mense naby hom wees as hy sy buiging vir die Suid-Afrikaanse krieketspan voor sy tuisskare kan maak. So sê Ryan McLaren, wat na verwagting vandeesweek in die nasionale groep ingesluit gaan word nadat hy intussen aangedui het hy gaan sy Kolpak-kontrak met Kent beëindig. Die Protea-groep gaan die einde van die maand in Kimberley vir ’n oefenkamp voor die twee eendagreekse teen Kenia en Bangladesj byeen wees. Die eerste van die twee kitswedstryde teen Kenia word op 31 Oktober in Bloemfontein gespeel. McLaren sê die nasionale afrigter, Mickey Arthur, het hom sowat twee weke gelede in Engeland gebel. Arthur het voorheen gesê die veelsydige McLaren (25) kan ’n opvolger wees vir Shaun Pollock, wat uitgetree het. “Hy het vir my verduidelik watter rol daar vir my in die eendagspan by hulle is,” het McLaren gesê. Hoewel die toetsspan in dié stadium redelik gevestig is, gaan McLaren in alle waarskynlikheid in die toekoms ook by Suid-Afrika se toetsspan betrek word. Arthur het ook daaroor met hom gepraat. McLaren sê sy spelersagent, Arthur Turner, het Kent intussen van sy voorneme in kennis gestel. Hy wou nog altyd vir sy land speel. Dit was die grootste trekpleister in sy besluit, sê McLaren. Afgesien daarvan het al die onsekerhede rondom die Kolpak-bepaling in Engeland ook ’n rol daarin gespeel. Kolpak-spelers sal van 2010 af dalk aan sekere kriteria moet voldoen. Die naam van McLaren se spanmaat van die Diamant-Arende, Dillon du Preez, het ook opgeduik onder die moontlike nuwelinge onder die Proteas. Du Preez (27) sit met ’n splinternuwe Kolpak-kontrak by Leicestershire wat tot 2011 strek. Weens die duistere toekoms van Kolpak-spelers, sal sy arm dalk ook gedraai kan word. - Sy moontlike buiging binnekort vir die Proteas is nie al waaroor McLaren baie opgewonde is nie. Die huweliksklokke lui ook gou vir hom nadat hy in sy graafskapseisoen in Canterbury verloof geraak aan sy Bloemfonteinse meisie, Candice Lunt, wat haar intussen as geoktrooieerde rekenmeester gekwalifiseer het.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|