Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Afgaanse konflik eis Australiër
'n Oud-Suid-Afrikaner is die naweek as 'n Australiese spesmagte-soldaat in Afganistan dood.
Omstrede beslissing knou Kallis
Jacques Kallis moet sweerlik wonder wat die krieketgode dan nou eintlik teen hom het.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

Daar staan 80 minute tussen alles en niks
Oct 06 2008 01:21:34:623AM  - (SA)  
Pieter Jordaan



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Een wedstryd van 80 minute is al wat tussen die Vodacom-Vrystaat-Cheetahs en ’n vyfde agtereenvolgende verskyning in ’n Curriebeker-eindstryd staan.

Die tafel is gedek vir nog ’n groot stryd tussen die Cheetahs en die Blou Bulle wanneer hulle Saterdag om 16:30 op Loftus Versfeld in die tweede halfeindstryd van die Curriebeker-rugbyreeks kragte meet.

Die Cheetahs se seisoengrafiek het beduidende stygings en dalings tydens die reeks se ligafase getoon. Die Vrystaters daag in Pretoria op as ’n span wat min kans gegun word om te seëvier – net die situasie wat die Blikore pas.

Selfs ná Saterdag se onoortuigende 50-40-oorwinning oor die Boland-Kavaliers glo die Cheetah-breier, Naka Drotské, die druk van ’n halfeind-situasie sal sy span die nodige aansporing gee om die Bulle met mening aan te vat.

“Ek dink die een positiewe ding (ná die Boland-stryd) is niemand sal ons ’n kans gun om te wen nie, dus pas dit ons uitstekend,” het Drotské gesê.

Drotské het ook gesê dat ’n paar van die Cheetah-spelers in 2005 deel van die span was wat die Bulle op Loftus Versfeld geklop het, kan dalk net tot die voordeel van die Vrystaters wees.

Die Cheetahs het nou sedert 1998 elke jaar die halfeindronde van die Curriebeker-reeks gehaal en het natuurlik die afgelope drie jaar die beker omhoog gehou.

’n Groot uitdaging wag nietemin op die Cheetahs wat die einste Bulle verlede jaar in Bloemfontein in die Curriebeker-halfeindronde geklop het.

Die Bulle het ook nie oortuig in hul naelskraapse oorwinning Vrydagaand teen die Valke nie, maar bykans al hul eerstekeuse-spelers is ’n ruskans gegun.

Die Bulle se Bok-spelers behoort almal ’n terugkeer tot die span te maak, maar die Cheetahs sal glo hulle, soos in 2005, verby die name in die Bul-span kan kyk, om nogmaals die trane op Loftus te laat rol.

Die Cheetahs sal wel vandag op goeie nuus hoop aangaande die besering van die slot, David de Villiers.

Hy het sy enkel teen die Kavaliers beseer en sy kans om te speel is sowat 50/50.

Sy teenwoordigheid sal belangrik wees, aangesien hy die Cheetahs se beste lynstaanspringer is en hy na verwagting met die Bulle se Victor Matfield moet meeding.

Adriaan Strauss (haker), Robert Ebersohn (senter) en Hendro Scholtz (flank) behoort ook ’n terugkeer tot die 22-tal te maak nadat hulle weens beserings nie teen die Kavaliers gespeel het nie.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer