Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Besoekers stroom na gewilde Kersiefees
Die kersie is op die koek. Heelwat mense het reeds gister na die gewilde Kersiefees op die dorp gestroom.
Spotprent
Kry jou daagliks spotprent hier.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

Bafana-spelers steun Santana; kan al sy Portugees ontsyfer
Oct 09 2008 10:42:38:977PM  - (SA)  
Jaco van der Merwe



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

JOHANNESBURG. – ’n Goeie begrip het ’n halwe woord nodig, selfs al is dit in Portugees.

Hoewel die nasionale sokkerafrigter, Joel Santana, gekritiseer word omdat hy nie behoorlik Engels kan praat nie, sê Bafana Bafana se spelers dat hulle tog dié Brasiliaan se swaar Portugese aksent kan ontsyfer. Hy laat hulle ook skater wanneer hy ’n paar snaakse grappe vertel.

Santana praat selde met die media Engels en het vroeër vandeesweek in Pretoria ’n nuuskonferensie gekanselleer nadat sy tolk nie opgedaag het nie.

Nasief Morris en Teko Modise het vandeesweek ’n lansie vir Santana gebreek tydens Bafana se oefenkamp voordat die span gister na Ekwatoriaal-Guinee vertrek het.

Suid-Afrika pak dié piepklein landjie aan die ooskus van Afrika môre in ’n kwalifiserende wedstryd om die Afrikanasies-beker.

“Ek hou nie daarvan om kommentaar te lewer oor afrigters nie, maar ek kan wel sê dat die afrigter probeer doen wat in belang van die span en die land is,” sê Morris, een van Bafana se mees ervare verdedigers.

“Ons bevraagteken hom nie en weet presies wat van ons verwag word. Wie ook al die span aanvoer, sal altyd probeer doen wat hy dink die regte ding is.

“Sy Engels is nie baie goed nie, maar ons verstaan hom baie goed. Wanneer ons vashaak, is daar altyd iemand wat kan tolk.

“Ons geniet dit om onder hom te speel, want hy is ’n baie snaakse kêrel. Daar is altyd ’n grappie of twee.”

Volgens Modise raak die spelers al hoe meer op hul gemak.

Môre se kragmeting is die agtste met Santana in die afrigterstoel sedert hy die leisels vroeër vanjaar by Carlos Alberto Parreira oorgeneem het.

“Dit is ’n goeie ding dat hy soveel moontlik spelers kanse gee. Die gedagte is om ’n klomp spelers te hê wat sy strukture verstaan en onder die knie het en op wie hy kan staatmaak.”

Morris sê dat Santana nog baie tyd nodig gaan hê om in te skakel. Maar sy tyd is immers beperk omdat Bafana reeds aanstaande jaar van die wêreld se beste spanne in die Konfederasiebeker-toernooi pak.

“Dié afrigter het hom eers onlangs by ons aangesluit en hy het tyd nodig om in te skakel. Dit is ook ons verantwoordelikheid om dit so vinnig as moontlik te doen,” sê Morris.

“Hoe vinniger dit gebeur, hoe vinniger kan ons ’n span saamsnoer wat nie net aan die toernooi om die Konfederasiebeker deelneem nie, maar ook uitstekend vaar.”

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer