Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
Cheetaahs!
Die Vodacom-Vrystaat-Cheetahs mik vandag vir ’n plek in ’n vyfde agtereenvolgende Curriebeker-eindstryd wanneer hulle om 17:00 teen die Blou Bulle op Loftus Versfeld in die halfeindstryd speel. Die Vrystaters se ongelooflike rekord die afgelope jare is welbekend. As hulle die Bulle vandag klop, sal dit ook hul vyfde agtereenvolgende oorwinning in ’n Curriebeker-halfeindstryd wees. Die Wit Tornado het in 2002 laas ’n Curriebeker-halfeindstryd verloor toe hulle 29-43 teen die Leeus op Vodacompark verloor het. In 2003 het hulle nie die halfeindstryd gehaal nie, maar sedertdien het hulle ’n segetog begin wat nog nie beëindig is nie. Die algemene gevoel is wel dat ’n baie moeilike taak vandag op die Cheetahs wag. Terwyl die Cheetahs se 22-tal tesame 71 toetswedstryde vir die Springbokke op hul kerfstok het, spog die Bulle met 266 Bok-toetse onder sy spanlede. Naka Drotské, Cheetah-afrigter, weet sy span gaan vandag met iets spesiaals vorendag moet kom, maar glo die manne beskik oor die vermoë om dit te doen. “As ons die Bulle op Loftus gaan klop, gaan meer as die helfte van die span hul beste wedstryd van die seisoen moet speel. “Daar is druk op die Bulle en dit veroorsaak soms dat baie ouens nie op hul beste is nie. Hopelik kan ons daardie fyn balans handhaaf,” het Drotské gesê. Hy was kaptein van die Cheetah-span wat die Curriebeker-eindstryd in 2005 op Loftus Versfeld gewen het en glo die geheim tot ’n sege in so ’n taai uitklopstryd lê gedeeltelik in die spelers se ingesteldheid. “Ons moenie bang wees om foute te maak nie. Dit is eerder die span wat druk op hom het wat moet bang wees vir foute,” het hy gesê. “Ons sal slim moet speel en almal sal reg aangeskakel moet wees.” Hawies Fourie, agterspeler-afrigter, glo die Cheetahs sal dié slag die Bulle se rotsvaste verdediging die hoof moet bied om sukses te behaal. “Ons het redelik hard daaraan gewerk. Ons het gekyk hoekom ons nie drieë kon druk nie, hoewel ons 56% van die balbesit gehad het. “Ek dink daar wag dalk ’n verrassing op die Bulle,” het hy gesê met verwysing na die Cheetahs se onlangse 5-23 nederlaag op Vodacompark teen die Ligbloues. “Ons hoop om al die Vrystaat-ondersteuners daar in hul oranje gewaad te sien,” sê me. Yolandi Beneke, media-skakelbeampte van die unie.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|