Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Afgaanse konflik eis Australiër
'n Oud-Suid-Afrikaner is die naweek as 'n Australiese spesmagte-soldaat in Afganistan dood.
Omstrede beslissing knou Kallis
Jacques Kallis moet sweerlik wonder wat die krieketgode dan nou eintlik teen hom het.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

Tiere is met hul voete in toilet - Allan
Nov 17 2008 01:02:04:477AM  - (SA)  
Johann de Jager



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Die Proteas het Bangladesj bang geboul op hul kriekettoer vroeër vanjaar.

En dit was in die Tiere se eie agterplaas, op die subkontinent waar die bal nie so vinnig soos in Suid-Afrika deurskiet nie.

Suid-Afrika kom van Woensdag af in Bloemfontein in die eerste van twee toetse teen Bangladesj te staan. Dit word as ’n “oefenreeks” ter voorbereiding vir die daaropvolgende toer na Australië beskou.

Van die Tiere se kolwers het hulle in die afgelope eendag-reeks met al wat beskutting is gepantser teen die kartetse van ’n Dale Steyn.

Die verwagting in die komende toetsreeks is hulle sal die bal weer op die agtervoet inwag.

Hoewel Suid-Afrika beplan om hulle weer met opslagballe te intimideer sal sy boulers versigtig moet wees en daarteen moet waak om dié boullengtes nie heeltemal “in te oefen nie.”

Alan Donald, voormalige Protea-snelbouler, stem saam hulle kan dit teen ’n land soos Bangladesj nog waag, maar dit sal kos vir die Aussie-kolwers wees.

“Byvoorbeeld soos om ’n Matthew Hayden met ’n groot klomp opslagballe te peper.”

Donald waarsku Suid-Afrika moenie te weggevoer raak teen die Tiere nie. Hy sê enigeen in die wêreld kan hulle laat bontstaan.

“Dit is maklik om op hulle te pik, want hulle gaan jou nie in eie munt terug betaal nie.

“Ons weet ook klaar hulle gaan op die agtervoet wag. Soos ons in krieket sê: Hul voete gaan in die toilet wees,” sê Donald.

Indien Suid-Afrika daarna teen die Aussies met korterige aflewerings volhard, gaan hy waarskynlik in stinkstraat wees.

Donald sê die Protea-boulers moet, afgesien van beheersde aggressie, eerder kyk of hulle die kolwers kan vorentoe bring. Hy is ook bekommerd die boulers sal in Australië dalk sukkel om hul boullengtes terug te kry as nou te veel wipballe afgestuur word.

Mickey Arthur, nasionale afrigter, het vroeër tydens die eendagwedstryd teen Kenia in Bloemfontein gevra die kolfstrook moet vaart en wip vir die boulers hê, sê Nico Pretorius, stadionbestuurder op die Outsurance-ovaal.

Hy sal vandag dalk nog gras afsny en sal sien of hy môre vir oulaas nog gaan afsny.

Kolfstrook nommer ses, neffens die een wat vir die eendagwedstryd teen Kenia gebruik is, is vir die toets voorberei. Dit gaan ook aan die einde van die seisoen oorgedoen word, wat eintlik net die plant van nuwe gras behels.

Pretorius waarborg egter die bal sal nie weer so stadig deurskiet nie soos in die eendagwedstryd teen Kenia. Hy sê as Suid-Afrika ’n hoë telling aanteken, behoort hy Bangladesj twee keer te kan uitboul.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer