Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
Dit gaan sukkel-sukkel met die Bok-skrums
EDINBURG. – Die vaskopstut Jannie du Plessis moet dalk die swak Springbok-skrum teen Engeland red. Die plan om dieselfde Springbok-beginspan in al drie toetse op sy rugbytoer te laat speel moet laat vaar word en die toerspan is trouens verplig om Du Plessis op ’n gereedheidsgrondslag te plaas en as dit nodig is, sal hy as versterking vir Saterdag se wedstryd teen Engeland Londen toe vlieg. Die Springbokke se bestuur wou graag die sterkste span teen Engeland loslaat, maar beserings oor die laaste vier dae het dié planne in die wiele gery. Du Plessis sal waarskynlik sy broer, Bismarck, wat ’n dyspier teen Skotland gerek het, vervang. Die Bokke kan met Jannie du Plessis se veelsydigheid aan albei kante van die skrum en veral op vaskopstut diens doen nadat sy jonger broer en die stut Gurthrö Steenkamp die veld teen Skotland moes verlaat. Steenkamp het ’n enkel geswik, maar die beseringslys kan volgens die spanbestuurder, Arthob Petersen, selfs langer wees. Die beserings krap die Bokke se kaarte erg deurmekaar en wat ’n week gelede na ’n gevestigde span gelyk het, is nou ’n span waarin onsekerheid in sekere posisies heers. Met die jonger Du Plessis uit die prentjie en die Bokke oënskynlik effens onderbeman in die voorry lyk dit asof die kaptein, John Smit, se skuif na vaskop tydelik op ’n einde is. Smit sal Saterdag na alle waarskynlikheid weer op haker sak, terwyl Jannie du Plessis in die 22-tal sal plek kry. Jannie du Plessis moet trouens ook ’n kans staan om die beginspan te haal nadat Brian Mujati weer nie die mas op vaskop opgekom het nadat Smit Saterdag teen Skotland haker toe moes skuif nie. Twyfel bestaan of Mujati opgewasse sal wees om die Engelse se ysterman, die loskop Andrew Sheridan, die stryd aan te sê. As Smit op vaskop bly, moet Chiliboy Ralepelle, wat nie juis die produktiefste seisoen agter die rug het net nie, die Engelse trotseer. Die bobeen-besering van die skrumskakel Fourie du Preez krap die Bokke se kaarte nog verder deurmekaar. Du Preez kan natuurlik nog fiks verklaar word om Saterdag te speel. Maar dat daar so baie onsekerheid oor die samestelling van die span is, kan nie juis veel vertroue inboesem nie. As Du Preez se besering hom langs die kantlyn hou, moet besluit word of Ruan Pienaar skrumskakel sal speel as Ricky Januarie beseer sou word. Daar kan egter ook vir versterkings gevra word en die Leeus se Jano Vermaak se naam is op die lys van spelers wat op ’n gereedheidsgrondslag is. “Die fisieke kontak het sy tol geëis,” het Petersen gesê. “Ons sal binne 48 uur ’n omvattende verslag kan saamstel en ’n verklaring uitreik.”
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|