Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
Moeilike week wag op Johnson
LONDEN. – Martin Johnson, hoofafrigter van Engeland se rugbyspan, het ’n harde week wat voorlê wanneer hy en sy spelers vandag hier gaan saamtrek ter voorbereiding vir Saterdag se toets teen Suid-Afrika. Nie net is sy span Saterdag met 14-28 deur ’n seepgladde Aussie-span oorrompel nie, maar die spelers se amateuragtige planmakery en die swak uitvoering van opsies is ook blootgelê deur die op en wakker Aussies. Om die sout dieper in die wonde te vryf, was baie van die Engelse se foute binne trefafstand van die pale. Sewe van die agt skoppe pale toe is oorgesit. Johnson sal ook baie bekommerd wees oor die manier waarop sy pak voorspelers harde bene voorlangs gekou het, veral as in gedagte gehou word Suid-Afrika het ’n swaar pak voorspelers. Die Engelse se makro-stut, Andrew Sheridan, kon geen impak maak in die skrum soos wat hy verlede jaar in die kwarteindstryd van die Wêreldbekertoernooi teen die Aussies gedoen het nie. Maar ook hul slot en kaptein, Steve Borthwick, blyk slegs kaptein in naam te wees nadat hy gefaal het om vuur en drif onder die voorspelers wakker te maak. Om nuwe lewe, geesdrif en ’n fisieke teenwoordigheid onder die span aan te moedig gaan makliker gesê as gedaan vir Johnson wees. Johnson het geen ervaring as afrigter nie, maar dié week sal hy al die dinge onder sy trop spelers moet aanwakker. Dit is juis waarom hy as hoofafrigter nader geroep is. Iets wat egter moeiliker vir die afrigtingspan kan wees, is hoe hy die spelers die week gaan leer hoe om kreatiewer en aanvallender met die bal in die hand te wees. Dit is nie iets wat jy met ’n harde stem en ’n kwaai kyk kan regdokter nie. “Kyk, ons het die spoed gehad Saterdag, en ons het ons kanse geskep, maar ons kon dit óf net nie raaksien nie, óf ons kon dit net nie uitbuit nie,” het Johnson gister gesê. “Soms moes die bal wyd gaan, maar dit het toe nie gebeur nie. Ja, dit was spannende oomblikke, maar as jy die soort wedstryde wil wen, sal jy maar net moet leer om onder sulke druk die regte dinge te doen.” Engeland het ’n reeks kanse deur sy vingers laat glip toe hy eerder reguit in teenstanders vasgehardloop het as om die bal wyd te laat loop. Twee keer was dit ook die haker, en nie ’n vinnige agterspeler nie, wat hoekvlag toe genael het. Net om deur die dekverdediging ingehaal te word. Ondanks hul hope besit kon die Engelse glad nie dié voordeel in aanvalsgeleenthede omskep nie. Dit is egter te wagte Johnson sal volhard met die 21-jarige Danny Cipriani op losskakel juis om meer slaankrag agterlangs te verleen. Cipriani het ’n so-so wedstryd gehad – hy herstel nog van ’n besering – en het beroerd met die skopvoet gevaar.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|