Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
Engelse val weer vas
reuters KANPUR. – Engeland se krieketspan is nou voorwaar met sy rug teen die muur hier in Indië. Kevin Pietersen en sy makkers het gister hier die derde wedstryd in die kitsreeks teen Indië met 16 lopies volgens die Duckworth-Lewis-stelsel verloor. Indië loop nou 3-0 voor in die reeks van sewe wedstryde. Indië, wat 241 vir die oorwinning moes aanteken, het 198/5 bereik toe swak lig spel gestaak het. Die tuisspan was 16 lopies voor volgens die D-L-metode. Swak lig het ook veroorsaak dat die wedstryd 45 minute laat begin het en die wedstryd is na ’n 49 boulbeurt-wedstryd verkort. Virender Sehwag, Indië se gevaarlike aanvangskolwer, het sy goeie spelpeil voortgesit en het 68 in Indië se lopiejaagtog gemoker. Engeland het egter baie verbeter op sy vrotterige vertonings in die eerste twee nederlae met 158 en 54 lopies. Die veelsydige Andrew Flintoff het die belangrike paaltjies van Gautam Gambhir (14), Sehwag en Yuvraj Singh (38) laat kantel om Engeland se wenkanse lewend te hou. Indië se kaptein, Mahendra Singh Dhoni (29*), en Yusuf Pathan (12) het egter seker gemaak dat Indië nie die pad byster raak nie. Engeland het sy kolflys vir die wedstryd geskommel met Matt Prior, wat die beurt in die eerste twee wedstryde begin het, en Owais Shah, wat toe op nommer drie gekolf het, wat onderskeidelik op nommer agt (Prior) en nommer ses ingekom het. Die verandering het vrugte afgewerp met Ravi Bopara wat 60 lopies as aanvangskolwer gemoker het. Engeland het egter weer gesukkel toe die draaiboulers tot die aanval toegetree het. Bopara het sy paaltjie teen Yuvraj verloor, voordat Harbhajan Singh drie spelers terug paviljoen toe gestuur het. Hy het van Pietersen (13) en Paul Collingwood (1) in agtereenvolgende boulbeurte ontslae geraak. Hy het sy 200ste kitspaaltjie laat kantel toe Shah (40) op die grens uitgevang is.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|