Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Afgaanse konflik eis Australiër
'n Oud-Suid-Afrikaner is die naweek as 'n Australiese spesmagte-soldaat in Afganistan dood.
Omstrede beslissing knou Kallis
Jacques Kallis moet sweerlik wonder wat die krieketgode dan nou eintlik teen hom het.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

Bafana sien uit Konfederasiebeker
Nov 21 2008 01:40:03:133AM  - (SA)  
Jaco van der Merwe



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

JOHANNESBURG. – Bafana Bafana skroom nie oor die vooruitsig om Brasilië in aanstaande jaar se sokkertoernooi om die Konfederasiesbeker te pak nie.

Bafana het Woensdagaand in Rustenburg sy vierde agtereenvolgende sege behaal deur Kameroen 3-2 te klop in ’n wedstryd om die Nelson Mandela-trofee. Die telling vlei die voorste span in Afrika eintlik ’n bietjie, omdat Teko Modise ’n strafskop laat in die wedstryd verbrou het.

Die Bafana-afrigter, Joel San-tana, gee toe daar wag nog heelwat skaafwerk voor die Konfederasiebeker oor sowat sewe maande afskop. Hy glo sy span sal opgewasse wees om swaarde te kruis met die wêreld se beste spanne.

Die loting vir die toernooi vind môre in Johannesburg plaas. Volgens Santana sal hy dit verwelkom as die groot honde in Bafana se groep ingedeel word. Een van Italië of Spanje sal in Bafana se groep wees, terwyl twee van Brasilië, Amerika, Irak of Nieu-Seeland dié groep voltallig sal maak.

“Die enigste ding waarop ons onsself moet toespits, is om die regte span te hê wat goeie sokker speel. Dit is baie belangriker as wie ons teenstanders is,” sê Santana, wat behoorlik in die wolke was ná die sege oor Kameroen.

“Ons verwelkom enige teenstander en ek sal eintlik baie bly wees as ons ’n groepwedstryd teen Brasilië speel.”

Die feit dat Bafana hul sege Woensdagaand behaal het teen ’n span wat sonder sy grootste sterre gespeel het, was nie genoeg om die glimlag van Santa-na se gesig af te haal nie.

Kameroen moes sonder Samuel Eto’o, Rigobert Song en Geremi klaarkom nadat almal Maandag hul vlugte uit Europa verpas het.

“Sokker is ’n spansport en jy ding teen 11 spelers mee en nie net een nie,” sê Santana.

“Ons het goed gespeel en as ons aanhou konsentreer het, sou ons nie daardie twee doele afgestaan het nie. Ek gaan vanaand (Woensdag) baie lekkerder slaap as vyf maande gelede.”

Hoewel Modise die strafskop verbrou het, het hy die eerste twee doele aangeteken, waarna die nuwe held, Bernard Parker, die beste span ter wêreld op 13 na met die kous oor die kop huis toe gestuur het.

Dit was Parker se vierde doel in vier wedstryde.

Kameroen se Duitse afrigter, Otto Pfister, het sonder ophou voor en ná sy span se nederlaag gekla. Hy het die Suid-Afrikaanse sokkerbase voor die wedstryd verkwalik omdat Eto’o-hulle nie opgedaag het nie, terwyl hy ná die nederlaag oor alles van vervoer tot verblyf gemor het.

Raymond Hack, Suid-Afrika se sokkerbaas, het gesê Pfister kan gaan doppies blaas.

“Ons regering het agteroor gebuig om hulle te akkommodeer met dinge soos visums, maar hy (Pfister) is met niks tevrede nie. Hy het ons selfs daarvan beskuldig dat hulle net een stel truie gebring het,” sê Hack.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer