Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Afgaanse konflik eis Australiër
'n Oud-Suid-Afrikaner is die naweek as 'n Australiese spesmagte-soldaat in Afganistan dood.
Omstrede beslissing knou Kallis
Jacques Kallis moet sweerlik wonder wat die krieketgode dan nou eintlik teen hom het.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

Omvang van Harris se besering nog nie bekend
Nov 21 2008 01:40:02:587AM  - (SA)  
Johann De Jager



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

Die Protea-draaier Paul Harris kan dalk sy “boerpot” saam met die Titane in Indië misloop nadat hy die duim van sy boulhand glo gekraak het.

Hy het die besering op die eerste dag van die eerste toets teen Bangladesj in Bloemfontein opgedoen.

Michael Owen-Smith, mediaman van die nasionale span, sê dit was met ’n veldwerkoefening voor die eerste beurt en dat die loot in daardie stadium reeds plaasgevind het. Hulle het gisteraand nog gewag op ’n amptelike mediese verslag en dit was te vroeg om te sê of Harris in die tweede toets teen die Tiere voor sy tuisskare gaan speel. Harris se linkerduim is dalk by die basis daarvan gekraak.

Dit het gisteroggend voor die tweede dag se spel by die oeffennette aan die lig gekom dat hy ongemak ervaar. Harris het later weens die besering nie in Suid-Afrika se eerste beurt gaan kolf nie, maar hy het ondanks die besering steeds geboul.

Hy is net voor die teepouse aangebring.

Hy het met sy derde aflewering ’n stuk pleister afgeruk en vir die skeidsregter gegee.

Harris (1/26) het in sy tweede beurt die paaltjie van die nuweling-aanvangskolwer Imrul Kayes (10) gekry. Hy het in sy sewende en laaste boulbeurt duidelik ongemak ervaar.

Dié soort besering kan na verneem word binne drie weke genees en daar is in dié stadium nie enige vrese die draaier sal by die huis moet bly wanneer Suid-Afrika na Australië vertrek nie.

Slegs die mediese verslag van ’n spesialis sal egter meer duidelikheid daaroor verskaf – ook of hy vir die tweede toets in Centurion vervang moet word.

Owen-Smith sê Harris sal graag saam met die Titane in die komende Kampioene-liga in Indië wil gaan speel.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer