Kies jou skool se provinsie
| Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans | ||||
|
|
|
||
Bloem 14-30°CVoorspellings > |
|
Bangladesj met rug teen die
Die plaaslike stadionbestuurder se voorspelling dat die eerste kriekettoets tussen Suid-Afrika en Bangaladesj binne drie dae sou eindig, blyk in die kol te wees nadat daar altesaam 19 paaltjies op die tweede dag in die toets gister in Bloemfontein gekantel het. Die Tiere is met die rug teen die muur op 20/1 in hul opvolgbeurt waarin hulle ’n agterstand van nog 268 lopies het. Net 50 boulbeurte vir die dag het oorgebly toe Suid-Afrika se eerste beurt op 441/9 “kortgeknip” is. Die toerspan het in antwoord daarop van meet af aan paaltjies verloor en moes ondanks ’n hardnekkige eindpoging opvolg nadat hy vir net 153 lopies in sy eerste beurt uitgeknikker is. Ofskoon die Proteas nie veel moeite ondervind het nie, behoort daar tog kommer te wees oor Morné Morkel wat weer met sy boulritme gesukkel het, terwyl die Protea-middelorde met uitsondering van Ashwell Prince ook ietwat kleigetrap het. Een van die twee oornagkolwers, Hashim Amla, erken hulle het heelwat minder aangeteken as wat die plan was. Suid-Afrika het gister op 299/1, met Amla en Graeme Smith met honderdtalle agter die blad, kom voortkolf. Amla is vir 112 uitgehaal, gevolg deur Smith wat 157 aangeteken het, waarna daar ’n effense insinking was. Amla meen dit was nie so maklik soos dit gelyk het om op die blad te kolf nie. Die draaier Shakib Al Hasan (5/130) het gister 5/35 ingeoes waarmee hy Suid-Afrika se voorneme op ’n groter telling verydel het. Amla sê hoewel dit teleurstellend was en nie so baie is soos wat hulle wou gehad het nie, het dit goed vir hulle uitgewerk. “Ons wou waarskynlik tot die teepouse toe nog gekolf het, maar dit het toe ook soort van in ons guns getel. Ons het daarna geslaag om hulle uit te boul en te laat opvolg.” Al die Protea-boulers het gister welslae behaal, maar Morkel (2/55) se ritme en bouldissipline behoort in dié stadium ietwat kommerwekkend te wees. Amla sê Morkel werk hard saam met die afrigters daaraan. Al Hasan was vroeër die derde bouler en tweede draaier wat ’n vyftal aan paaltjies teen Suid-Afrika laat kantel het. Hy sê hy het gister daarin geslaag om die bal op die regte plek te plant en die regte lyn en rigting te handhaaf. Die klein paaltjiewagter Musfiqur Rahim (48) het aan die einde met groot durf gekolf, maar sy derde vyftigtal net misgeloop. Hy het hom ná die dag se spel in ’n tugverhoor bevind omdat hy glo sy ontevredenheid met sy been voor paaltjie-beslissing te kenne gegee het. ) Volledige telkaart op bl.19.
|
||||||||||||||
|
Vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
||||||||||||||||||||||
|
|