Beeld | Die Burger | Volksblad | Rapport | Sake24 | Jou Geldsake | LitNet | KykNet | Gemeenskapskoerante | NetAfrikaans
Afgaanse konflik eis Australiër
'n Oud-Suid-Afrikaner is die naweek as 'n Australiese spesmagte-soldaat in Afganistan dood.
Omstrede beslissing knou Kallis
Jacques Kallis moet sweerlik wonder wat die krieketgode dan nou eintlik teen hom het.
  Soek Webwerf Argiewe  
Bloem           14-30°C

Voorspellings

>

Jannie in, Juan uit teen Rose
Nov 21 2008 01:40:07:587AM  - (SA)  
Liam Del Carme



  Druk artikel
  E-pos storie aan 'n vriend

LONDEN. – Die Springbok-rugbyspan durf Engeland môre om 16:30 sonder sy staatmaker-skrumskakel Fourie du Preez en die flank Juan Smith aan.

Du Preez sukkel die laaste week met ’n bobeenspier-besering en Smith het harsingskudding teen Skotland opgedoen.

Die spanbestuur het die media nie van Smith se besering vertel nie, miskien in die hoop dat ’n wonderwerk sou gebeur en hy tog teen Engeland losgelaat kon word.

Peter de Villiers, die Springbokke se afrigter, het gister gesê die belange van die speler kom eerste.

“Hy keer vanaand (gisteraand) terug. Dit is ’n besluit wat ons moes neem.

“Daar is dinge wat belangriker is as rugby. Hy het ’n paar maal vanjaar harsingskudding opgedoen,” het De Villiers gesê.

Smith word deur Danie Rossouw vervang.

Die stut Jannie du Plessis wat hom Maandag by die span aangesluit het, sak môre op vaskop in die plek van John Smit wat terugskuif haker toe.

Du Plessis is in die beginspan omdat Brian Mujati se skouer nog seer is.

“Brian het ’n besering wat nog krap,” het De Villiers gesê. “Ons werk om hom reg te kry. Dit sal onregverdig wees om hom met die besering aan die diepkant in te gooi.”

De Villiers het gesê die vaskopstut CJ van de Linde is genader ingeval Mujati nie betyds herstel nie.

“CJ van der Linde is naby. As Brian nie fiks verklaar word nie, sal CJ hom vervang. Ons het hom gevra om hom gereed te hou.

“Ons sal maar moet sien hoe dit met Brian gaan. Ons mediese span sê Brian sal reg wees,” het De Villiers gesê.

Terwyl die Bokke met die verlies van Smith spoed en hoë werkverrigting prysgee, bring Rossouw besondere baldra-vaardighede.

Engeland het juis klem op sterk baldraers gelê met die kies van sy span.

“Wat ons in ervaring prysgee, kry ons in geesdrif terug,” het De Villiers gesê.

Die slot Bakkies Botha is vol vertroue dat sy boesemvriend ’n impak gaan maak.

“Ek dink nie dit gaan ons negatief beïnvloed nie,” het hy oor Smith se onttrekking gesê. “Hy (Rossouw) is een van die beste baldraers in wêreldrugby.

“Ek en Danie speel al saam sedert ek sewe jaar oud was. Ek het baie vertroue in hom,” het Botha gesê.

Die Bokke verwag voorlangs ’n groot aanslag van die Engelse en om dié rede het hulle hul plaasvervangerbank met voorspelers gelaai.

Hul ekstra voorspeler op die plaasvervangerbank is die nuweling Heinrich Brüssow.

Smit, die Bokke se kaptein, kan nie uitgepraat raak oor Brüssow se geesdrif nie.

“Heinrich was fantasties. Die ouens wat nie speelkans kry nie, kan besluit om negatief te wees en dinge vir die ander moeilik te maak, of hulle kan hulle in die oomblik inleef.

“Heinrich was soos ’n kind op Oukersaand. Dit is amper asof sy insluiting te lank gevat het om te gebeur.

“Jy kon sy geesdrif op die oefenveld sien,” het Smith gesê.

Die Springbokspan is:

Conrad Jantjes; JP Pietersen, Adrian Jacobs, Jean de Villiers, Bryan Habana; Ruan Pienaar, Ricky Januarie; Pierre Spies, Danie Rossouw, Schalk Burger; Victor Matfield, Bakkies Botha; Jannie du Plessis, John Smit (kaptein), Tendai Mtawarira. PLAASVERVANGERS: Chiliboy Ralepelle, Brian Mujati, Andries Bekker, Ryan Kankowski, Heinrich Brüssow; Frans Steyn, Jaque Fourie.

) TV: van 16:00 af op M-Net en SS1.

Teken in op Volksblad


Vind
Reis en Verblyf
Direct Axis Lenings
Werksgeleenthede
Versekering Vir Vroue
Top Afrikaanse Boeke
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende


Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Wie is ons | Kontak ons | Navrae | Adverteer